2013 Top Ten of Conflict for Technology
- Rekenaarnetwerk
- 'n Rekenaarnetwerk bestaan uit baie rekenaars en randtoestelle wat aanmekaar verbind word deur 'n telekommunikasiestelsel ten einde kommunikasie en die deel van hulpbronne te bewerkstellig
- Vergasser
- Die vergasser is 'n toestel wat lug en brandstof meng vir 'n binnebrandenjin. Vergassers kan nog steeds aangetref word in klein enjins en in ouer of gespesialiseerde voertuie. Die meeste voertuie word egter deesdae toegerus met brandstofinspuitingstelsels eerder as vergassers. Die oorgrote meerderheid motorfietse word egter steeds van vergassers voorsien as gevolg van die laer gewig en koste daarvan. Ten spyte daarvan is die nuwe tendens om nuwe motorfietsmodelle ook van brandstofinspuiting te voorsien
- .al
- .al is die agtervoegsel van domeinname in Albanië
- Objekgeoriënteerde programmering
- Objekgeoriënteerde programmering (OOP) is 'n paradigma of verwysingsraamwerk in rekenaarwetenskap waarvolgens sagtewarekomponente as 'n stel voorwerpe (objekte) gemodelleer word wat interaktief is. Dit word gewoonlik geïmplementeer deur gebruik te maak van 'n objekgeoriënteerde programmeertaal
- Databasis
- 'n Databasis is 'n versameling inligting met 'n vasgestelde struktuur wat data genoem word. Alhoewel enige versameling inligting 'n databasis genoem kan word, is die term ontwikkel om spesifiek na 'n gerekenariseerde struktuur te verwys
- Beheerstelsel
- 'n Beheerstelsel beheer of reguleer die gedrag van ander toestelle of stelsels deur beheerlusse. Dit kan 'n eenvoudige stelsel wees soos wat 'n verhitter in 'n huis beheer met 'n termostaat tot 'n komplekse industriëele beheerstelsel wat gebruik word om masjiene of prosesse te beheer
- IP-adres
- 'n IP-adres is 'n unieke nommer, soortgelyk aan 'n telefoonnommer, wat deur masjiene gebruik word om na ander masjiene te verwys wanneer inligting oor die Internet versend moet word; die Internetprotokol bestuur hierdie kommunikasie
- Internet
- Die Internet is ’n wêreldwye stelsel van rekenaarnetwerke wat met mekaar verbind is en data uitruil met behulp van die gestandaardiseerde TCP/IP-protokolsuite. Dis ’n netwerk van miljoene privaat en openbare rekenaars van akademiese, regerings- en sakenetwerke wat verbind word deur optiese vesel- en koperkabels of verskillende soorte kabellose verbindings
- Mozilla Firefox
- Mozilla Firefox is 'n vrye kruis-platform-webblaaier wat deur die Mozilla-stigting en honderde vrywilligers ontwikkel word. Dit is meer as vyf miljoen keer in die eerste 12 dae ná die vrystelling van weergawe 1.0 afgelaai, en meer as 20 miljoen keer in minder as 11 weke daarna. Dit maak Firefox een van die mees populêre, gratis oopbronprogramme, veral onder tuisgebruikers
- Rekeningkundige pakket
- Rekeningkundige pakkette is rekenaarsagteware wat rekeningkundige funksies elektronies verrig. Toepaslike finansiële data en inligting word byeengebring, geklassifiseer, verwerk en ontleed