2013 Top Ten of Conflict for Society

Vlag van Brasilië
Die nasionale vlag van Brasilië is op 11 Mei 1992 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n blou skyf waarin ’n sterrenag afgebeeld word met ’n geboë strook gegraveer met die nasionale leuse, in ’n geel ruit in die middel van ’n groen agtergrond. Brasilië het hierdie ontwerp van die nasionale vlag op 19 November 1889 aanvaar en het daarmee die vlag van die tweede Keiserryk Brasilië vervang
Wêreldbank
Die Wêreldbank is die wêreld se grootste instelling vir ontwikkelingsamewerking en is op 27 Desember 1945 gestig. Die instelling verskaf lenings aan ontwikkelende lande en middelinkomste-lande, met die bestryding van armoede as sy hoofdoel. Hierdie internasionale bank is tegnies gesproke 'n gespesialiseerde organisasie van die Verenigde Nasies. Die finansiële steun wat deur die Wêreldbank verleen word, word vir verskeie doeleindes aangewend, van strukturele hervormings van 'n land se gesondheids- en
Geld
Geld is 'n simboliese voorstelling van waarde. Iets besit slegs waarde as 'n mens dit vir 'n doel kan aanwend wat hom bevoordeel. Byvoorbeeld, volgens Maslow se behoeftehiërargie is die behoefte vir voedsel en beskerming primêr. Dit wil sê in sulke omstandighede van oorlewing het goud geen waarde nie, want dit kan geen voedsel of beskerming aan die mense voorsien nie. Voedsel, klere en skuiling sal dit wees waarna die mens soek. Die vraag is, hoe het "geld" die simbool vir waarde geword
Simbool
'n Simbool is 'n voorstelling of tekening van iets — soos 'n klank, idee, voorwerp, konsep, ens
Vincent van Gogh
Vincent Willem van Gogh word aanvaar as die beste Nederlandse skilder naas Rembrandt van Rijn, alhoewel hy slegs een skildery tydens sy eie leeftyd verkoop het. Hy het al sy werk - 'n indrukwekkende totaal van 900 skilderye en 1100 sketse - geproduseer gedurende 'n periode van slegs die dekade voor sy selfmoord. Na sy dood, met behulp van die uitstalling van 71 van sy werke in Parys, op 17 Maart 1901, het sy roem vinnig toegeneem
Sielkunde
Sielkunde oftewel psigologie is die studie van die innerlike lewe en gedrag. Algemene psigologie bestudeer die normale, volwasse mens; terwyl besondere psigologie die abnormale, onvolwasse mens bestudeer. Alhoewel die sielkunde dikwels beskou word as 'n wetenskap waarvan Sigmund Freud die stigter was, kan 'n mens dit verder terug in die geskiedenis vind in die debatte tussen filosowe soos John Locke en Immanuel Kant
Woordeboek
'n Woordeboek is 'n naslaanboek waarin die betekenis van die woorde van 'n sekere taal, of 'n sekere aspek van 'n taal, weergegee word
Waarskuwing
'n Waarskuwing is 'n sin of frase wat inligting verskaf oor potensiële gevare, en wat gedoen kan word om die potensiële situasie te vermy. Waarskuwings word gebruik op verbruikersgoedere se etikette en handleidings, op beskrywings van fisieke aktiwiteite, ensovoorts. Verskeie metodes word gebruik om die fokus op die waarskuwings te plaas, soos deur dit apart van die normale teks te plaas, deur die gebruik van grafiese tekens, en veranderinge in die teks se font en kleur
Kopiereg
'n Kopiereg of outeursreg is 'n vorm van intellektuele eiendom wat die houer daarvan geregtig om die kopieer en gebruik van 'n oorspronklike, kreatiewe uiting, soos 'n literêre werk, rolprente, musikale werk of klankopname, skildery, rekenaarprogram of 'n industriële ontwerp te beperk vir 'n gedefinieerde tydperk. In Suid-Afrika word kopiereg gereël deur die Wet op outeursreg en word die tydperk waarvolgens die beskerming voor geldig is gedefinieer as 50 jaar na die eerste bekendstelling aan die publiek
Europese Unie
Die Europese Unie (EU) is 'n internasionale organisasie van 27 Europese lande met politiese, ekonomiese en geregtelike samewerkingsooreenkomste. Die EU is in 1992 gestig deur die Verdrag van die Europese Unie en is die de facto opvolger van die ses-ledige Europese Ekonomiese Gemeenskap wat in 1957 gestig is