2013 Top Ten of Conflict for Religion

Jesus van Nasaret
Jesus van Nasaret, ook algemeen bekend as Jesus, is die sentrale figuur in die Christendom en is ook 'n belangrike figuur in verskeie ander gelowe. Daar word ook na hom verwys as Jesus Christus, waar "Christus" afkomstig is vanaf die Griekse Χριστός (Christós) wat "Gesalfde een" beteken en verwant is aan die Hebreeus-afgeleide "Messias". Die naam "Jesus" is afkomstig van die vernederlandse vorm van die Griekse Ίησους (Iesoûs), wat self 'n Hellenisering van die Hebreeus-Aramese ישוע is
Jerusalem
Jerusalem is die hoofstad en grootste nedersetting van Israel met 'n bevolking van 933 113. Die stad lê tussen die Middellandse See in die weste en die Dooie See in die ooste. Jerusalem is die Heilige stad van die drie Abrahamitiese gelowe Judaïsme, Christendom en Islam. Jerusalem is saam met Hebron, Safed en Tiberias een van die vier heilige stede binne Judaïsme. In Islam is Jerusalem die derde heiligste stad net na Mekka en Medina
NG gemeente Pinelands
Die NG gemeente Pinelands is 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Ring van Wynberg, Kaapstad
Hindoeïsme (eerste artikel)
Hindoeïsme is die dominante religie in Indië, Nepal en van ongeveer 'n halfmiljoen mense van Indiese oorsprong in Suid-Afrika
God
Die woord god verwys gewoonlik na 'n uiterste persoonlike en/of bonatuurlike wese. Die "opperwese-konsep" kan as inherent of abstrak voorgehou word. Wanneer die woord met 'n kleinletter gespel word, is dit 'n selfstandige naamwoord wat gewoonlik na die god van 'n arbitrêre godsdiens verwys, terwyl wanneer dit binne 'n gegewe godsdiens gebruik word om na daardie godsdiens se eie opperwese(s) te verwys, dit gewoonlik met 'n hoofletter geskryf word. In die Bybel sal daar byvoorbeeld na die Christelike god as
Judaïsme
Judaïsme of Jodedom is die godsdiens van die Jode met omtrent 15 miljoen volgelinge wêreldwyd in 2006. Dis een van die eerste monoteïstiese godsdienste wat opgeteken is, en een van die oudste tradisies wat nog gevolg word. Judaïsme verskaf ook die waardes en historiese agtergrond tot ander godsdienste, soos Christendom en Islam. Daarbenewens kan die term Judaïsme ook na die Jode se tradisies en leefwyse, hul filosofie en gewoonlik ook hul kulture verwys asook na die Jode as 'n groep. Jerusalem, Hebron
Bybel
Die Bybel is die heilige boek van Christendom, Judaïsme, Rastafarianisme en Samaritaïsme. Die Joodse Bybel of Tanag het 39 dele en vertel die verhaal van God se verhouding met die Joodse mense in antieke tye. Dié 39 dele is ook deel van die Christelike Bybel en word die Ou Testament genoem. Die Christelike Bybel het nog 27 dele, wat die Nuwe Testament genoem word. Daarin word die verhaal van Jesus vertel
Ateïsme
Ateïsme is 'n filosofiese stroming met die fundamentele uitgangspunt dat daar geen god/gode anderkant die ervaarbare werklikheid, geen goddelike wêreldorde en geen geldige begrip van God bestaan nie
Christendom
Die Christendom is 'n religie wat bely dat Jesus Christus die Seun van God is en verlossing verkondig aan die volgelinge van hierdie geloof, wat as Christene bekend staan. Christene glo in een God as Drie-eenheid: God die Vader, God die Seun en die Heilige Gees. Dit is ook die grootste godsdiens in die wêreld. Die Bybel is Christene se heilige boek, hulle aanbid in kerke en die kruis is hul simbool. Die Bybel bestaan uit 39 Ou Testament en 27 Nuwe Testament boeke. 'n Belangrike onderdeel van die
Islam
Islam is een van die drie groot monoteïstiese godsdienste, saam met Christendom en Judaïsme. Volgelinge van Islam staan bekend as Moslems1