2013 Top Ten of Conflict for Health

Psigiatrie
Psigiatrie is dié vertakking van geneeskunde wat bemoeid is met die wetenskap en praktyk van die behandeling van kognitiewe, emosionele, of gedragsversteurings. 'n Psigiater is gemagtig om met die bepaalde mediese opleiding medisyne aan die pasiënt voor te skryf. Daarteenoor is 'n sielkundige iemand wat in die vakgebied sielkunde bekwaam is. 'n Kliniese sielkundige is gespesialiseerd in psigoterapie, en kan nie medisyne voorskryf nie
Skrotum
Die skrotum is die sak waarin die testikels (teelballe) hang. Dit bestaan uit 'n dun huidlaag met 'n spierlagie daaronder en is deur 'n tussenskot in twee verdeel. Dit kan beskryf word as 'n uitstulping van die abdomen van vel en spier waarin die testikels rus. Die anatomiese ligging daarvan is tussen die penis en die anus. By sekere soogdiere soos die mens, raak die basis van die skrotum bedek met pubiese hare wanneer puberteit aanbreek. Die leek verwar dikwels die skrotum met die testikels. Die skrotum
Insulienweerstandigheid
Insulienweerstandigheid is die toestand waar normale hoeveelhede van die hormoon insulien onvoldoende is om 'n normale insulienrespons in vet-, spier- en lewerselle te veroorsaak. In die vetselle lei dit tot hidrolise (afbraak) van gestoorde trigliseriede, wat weer die vry vetsure in die bloedplasma verhoog. In spierweefsel veroorsaak insulienweerstandigheid dat minder glukose opgeneem word, en in die lewer word minder glukose gestoor. Albei hierdie effekte lei tot 'n toename in bloedglukose (bloedsuiker
Chroniese siekte
'n Chroniese siekte is 'n siekte wat vir 'n lang tyd voortduur of oor 'n lang tydperk weer en weer voorkom. Sommige van die algemeenste chroniese siektes is asma en hipertensie
Lys van longsiektes
Hier volg 'n lys van longsiektes:Laringites Tracheites Brongitis Brongiolites Asma pneumonia Pneumokonioses Pleurites Empieem
Psigodinamiese terapie
Psigodinamiese terapie is 'n vorm van diepte-sielkunde. Die primêre fokus is om die onbewuste inhoud van 'n pasiënt se psige te openbaar in 'n poging om psigiese spanning te verlig. Dit hou dus verband met psigoanalise, maar is gewoonlik van korter duur en minder intensief as psigoanalise. Psigodinamiese terapie maak ook meer gebruik van die interpersoonlike verhouding tussen die pasiënt en terapeut. Die benadering is ook gewoonlik meer eklekties en maak gebruik van tegnieke uit verskillende bronne
Malaria
Malaria, afgelei van mala aria, of moeraskoors is 'n parasitiese siekte wat ongeveer 350-500 miljoen mense elke jaar aantas en nagenoeg 1,3 miljoen sterftes tot gevolg het. Die siekte word hoofsaaklik in die trope aangetref. Ongeveer 85% van hierdie sterftes vind in Sub-Sahara Afrika plaas. Die WGO het in April 2016 bekendgemaak dat Europa die eerste gebied van die wêreld is wat in 2015 malariavry geword het. In 1995 was daar nog 90 712 gevalle in hierdie gebied
Kardiopulmonêre resussitasie
Kardiopulmonêre resussitasie is 'n kombinasie van reddingsasemhaling en borsdrukke wat op 'n pasiënt met klaarblyklike hartstilstand toegepas word. Dit is 'n noodhulptegniek wat poog om die pasiënt by te bring of sy sirkulasie aan die gang te hou tot gespesialiseerde hulp opdaag
Plasmodium falciparum
Plasmodium falciparum is die malariaparasiet wat verantwoordelik is vir 80% van alle sterftes wat toegeskryf kan word aan malaria. Die organisme is vanaf die phyllum Apicomplexa wat gekenmerk word deur teenwoordigheid van 'n chloroplasagtige organel genaamd die apikoplas. Die apikoplas is verantwoordelik vir die metabolisme van heem wat uit die gasheer se rooibloedselle verkry word
Tuberkulose
Tuberkulose, ook genoem TB, phthisis, en tering, is 'n algemene en dodelike infektiewe siekte. Dit is verantwoordelik vir ongeveer 2–3 miljoen sterftes per jaar uit ongeveer 9–10 miljoen gevalle en kom veral voor in onderontwikkelde, tropiese lande