2013 Top Ten of Conflict for Geography

Duitsland
Duitsland, amptelik die Bondsrepubliek Duitsland, is in die sentrum van Europa geleë en vervul in baie opsigte 'n brugfunksie tussen Wes-Europa en die lande van Sentraal- en Oos-Europa
Suid-Afrika
Suid-Afrika, amptelik die Republiek van Suid-Afrika, is 'n republiek aan die suidpunt van Afrika. Dit grens in die noorde aan Namibië, Botswana en Zimbabwe, en in die noordooste aan Mosambiek en Eswatini. Lesotho vorm 'n enklawe binne die grense van Suid-Afrika
Volksrepubliek China
Die Volksrepubliek China is 'n groot land in Oos-Asië en een van twee Chinese state wat daarop aanspraak maak dat hulle die regmatige verteenwoordiger van China is. Dit beslaan die grootste deel van die kulturele, historiese en geografiese grondgebied wat bekend staan as China. Dit is die land met die grootste bevolking ter wêreld, sowat 1,4 miljard, van wie die meeste etnies as van Han-Chinese herkoms geklassifiseer word
Viëtnam
Viëtnam, amptelik die Sosialistiese Republiek Viëtnam, is 'n sosialistiese republiek in Suidoos-Asië. Dit beslaan 'n oppervlakte van 331 212 km² en het 'n bevolking van 94 569 072 in 2016 gehad. Die hoofstad is sedert die hereniging van Noord- en Suid-Viëtnam in 1976 Hanoi en die grootste stad is Ho Chi Minh-stad. Van die ander nedersettings sluit in Can Tho, Da Nang, Dong Hoi, Hai Phong, My Thuy, Nha Trang en Vung Tau
Verenigde State van Amerika
Die Verenigde State van Amerika, in die omgangstaal ook net Amerika genoem, is 'n federale republiek in die Westelike Halfrond wat uit vyftig deelstate, 'n federale distrik, vyf groter selfregerende gebiede en enkele kleiner eilandbesittings in die Stille Oseaan en die Karibiese See bestaan. 48 van sy deelstate en die federale distrik lê in Sentraal-Noord-Amerika tussen die Stille Oseaan in die weste en die Atlantiese Oseaan in die ooste en word in die noorde deur Kanada en in die suide deur Meksiko
Oostenryk
Oostenryk, amptelik die Republiek Oostenryk, is 'n federale republiek in Sentraal-Europa wat uit nege deelstate bestaan. Die land grens in die weste aan Switserland en Liechtenstein, in die noorde aan Duitsland en Tsjeggië, in die ooste aan Slowakye en Hongarye, en in die suide aan Italië en Slowenië. Die huidige grense is in die Vredesverdrag van Saint-Germain in 1919 vasgelê wat die ontbinding van Oostenryk-Hongarye ná die Eerste Wêreldoorlog gereël het
Pole
Pole, amptelik die Republiek Pole, is 'n land in Sentraal-Europa. Dit grens aan Duitsland, Tsjeggië, Slowakye, Oekraïne, Wit-Rusland, Rusland en Litaue. In administratiewe opsig word Pole in 16 woiwodskappe verdeel
Indië
Indië, amptelik die Republiek Indië, is 'n republiek in Suid-Asië. Met 'n bevolking van 1 407 563 842 (2021) is dit die tweede mees bevolkte land ter wêreld, ná die Volksrepubliek China
Lüderitz
Lüderitz is 'n klein seehawe en vissersdorp aan die Atlantiese kus van Namibië (Suidwes-Afrika) en die administratiewe hoofstad van die ǃNamiǂnûs-kiesafdeling in die Namibiese gewes ǁKaras. Die dorp is vernoem na die Bremense koopman Franz Adolf Eduard Lüderitz. Die permanente bevolking is in 2015 op sowat 20 000 beraam
Istanboel
Istanboel of Istanbul is die grootste stad in Turkye en met ’n bevolking van sowat 12 miljoen een van die grootste stede ter wêreld. Dit is die kulturele, ekonomiese en finansiële sentrum van Turkye