2013 Top Ten of Conflict for Culture
- Mite
- Die woord mite kom van die Griekse woord mythos wat oorspronklik woord of storie beteken het. Daar is baie teorieë wat probeer verduidelik waarom mense mites vertel en glo. Daar is egter konsensus dat mites simboliese verhale is wat probeer om onverklaarbare dinge op te los. Só verduidelik mites in baie gevalle die oorsprong van die wêreld, die oorsprong van kultuur en die menslike samelewing, natuurverskynsels en wat met mense gebeur wanneer hulle sterf
- Eurovision-sangfees 2014
- Die 59ste Eurovision-sangfees sal tussen 6 en 10 Mei 2014 in die Deense hoofstad Kopenhagen plaasvind. Nadat Emmilie de Forest met haar liedjie Only Teardrops op 18 Mei 2013 as wenner van die 58ste Eurovision-sangfees in Malmö, Swede aangewys is, het die Deense uitsaaikorporasie Danmarks Radio (DR) opdrag gekry om die volgende sangfees te organiseer. Dit is die derde keer dat Denemarke as gasheer van die sangfees optree nadat Skandinawië die sangfees twee keer, in 1964 en 2001 georganiseer het
- The Fame
- The Fame is die debuutalbum van die Amerikaanse pop-sangeres Lady Gaga. Die album is in Augustus 2008 vrygestel en met 'n Grammy Award bekroon. 'n Nuwer weergawe van die album met nuwe snitte is op 28 Oktober 2008 in Australië, op 15 November 2008 in die Verenigde State en op 12 Januarie 2009 in die Verenigde Koninkryk uitgebring
- Wikipedia
- Wikipedia is 'n veeltalige "kopielinkse" ensiklopedie ontwerp om deur enigiemand gelees, verbeter en uitgebrei te word. Dit berus op samewerkende verandering en onderhoud deur duisende gebruikers deur middel van wiki-sagteware, en word verskaf en ondersteun deur die nie-winsgewende Wikimedia-stigting. Waarnemers beskou die tweeledige bestuur, waarin 'n informele gemeenskap van aktiewe gebruikers die gesag oor 'n globale digitale projek met 'n stigting deel en sodoende formele met informele
- Gay
- 'n Gay is 'n homoseksuele persoon, veral 'n man. Gay is deel van die LGBT-gemeenskap en verwys na 'n seksuele oriëntasie. 'n Gay persoon se regte word deur die Grondwet van Suid-Afrika beskerm
- Sigmund Freud
- Sigmund Freud was 'n Oostenrykse neuroloog en die stigter van die psigoanalitiese tradisie binne die sielkunde, 'n beweging wat die teorie dat onderbewuste motiewe baie optrede beheer, gewild gemaak het. Hy het geïnteresseerd geraak in hipnose en hoe dit geestesiekes kon help. Hy het later hipnose laat vaar en eerder vrye assosiasie en droomanalise verkies, deur wat nou bekend staan as "die pratende genesing" te ontwikkel. Dit het die kernelemente van psigoanalise geword. Freud het veral belanggestel in
- Pizza
- Pizza (die woord is moontlik afgelei van die Arabiese pita, die Langobardiese bi°zzo of die Italiaans-Napolitaniese piceà, pizzà is 'n bodem van gisdeeg wat met pikante bestanddele soos tamatiesous, kaas, olywe, sampioene en salami of ham belê en daarna in die oond gebak word
- Grondboontjiebotter
- Grondboontjiebotter is 'n voedselproduk wat gewoonlik bestaan uit geroosterde of gemaalde grondboontjies, gewoonlik gesout en ietwat versoet. Dit word algemeen verkoop in kruidenierswinkels, maar kan ook tuis gemaak word. Talle verskillende soorte is beskikbaar; waarvan "glad" en "korrelrig" die gewildste is, maar heuning-geroosterde, heelneut-variasies en dié gemeng met sjokolade kan ook gevind word. Romerige grondboontjiebotter word verkry deur die hele mengsel baie fyn te maal. Die korrelrige soorte
- Eiffeltoring
- Die Eiffeltoring is die bekendste baken van die Franse hoofstad Parys. Die toring, wat van yster gemaak is, is deur die Franse ingenieur Alexandre Gustave Eiffel (1832–1923) beplan en ná 'n boutyd van twee jaar, twee maande en vyf dae op 31 Maart 1889 voltooi en ter geleentheid van die Paryse Wêreldtentoonstelling en die eeufees van die Franse Rewolusie op 15 Mei 1889 ingewy
- Porselein
- Porselein is 'n materiaal wat vir breekware, gereedskap en in die elektrotegniese nywerheid gebruik word. Dit is danksy die ligte gewig, maklike installasie en onderhoud van porseleinpanele ook geskik as afwerking vir die fasades van geboue. Porselein word van kaolien (porseleinaarde), veldspaat en kwarts gemaak, nat op 'n pottebakkersskyf gevorm en twee keer in 'n oond gebrand. By die tweede keer word 'n glasuur aangebring. Harde porselein bevat 'n groter aandeel kaolien