2012 Top Ten of Polemic for Technology
- DVD-Forum
- Die DVD-Forum is 'n koördinerende liggaam met sowat 230 lede uit die elektroniese en vermaaklikheidsbedryf wat DVD-formate ontwikkel en bepaal en sy hoofkwartier in Tokio, Japan het. Vervaardigers van harde- en sagteware lê byvoorbeeld vas watter formate die amptelike DVD-kenteken mag dra. Van die goedgekeurde formate is DVD-Video, DVD-R, DVD-RW, DVD-RAM, DVD-Oudio en HD-DVD
- .sy
- .sy is die Internettopvlakdomein vir Sirië
- Sagteware-ingenieurswese
- Sagteware-ingenieurswese (SI) is die veld wat bemoei is met die skep and instandhouding van sagteware deur die toepassing van tegnologieë en praktyke wat verkry is vanaf rekenaarwetenskap, projekbestuur en ander vakgebiede
- Pentium 4
- Die Pentium 4 is 'n sewende-generasie x86-argitektuur mikroverwerker deur Intel, die eerste totaal nuwe SVE-ontwerp sedert die Pentium Pro van 1995
- Sentrale verwerkingseenheid
- 'n Sentrale verwerkingseenheid (SVE), of hoofverwerkingseenheid is die komponent in 'n digitale rekenaars wat instruksies en data in rekenaarprogramme vervat vertaal en verwerk SVE's verleen die fundamentele eienskap van programeerbaarheid aan rekenaars saam met primêre stoorgeheue en toevoer/afvoer fasiliteite. 'n SVE wat vervaardig word deur van geïntegreerde stroombane gebruik te maak staan ook as 'n mikroverwerker bekend. Sedert die middel sewentigs het enkelskyf mikroverwerkers byna alle ander
- Technorati
- Technorati is 'n Internet webjoernaalsoekenjin. Dié soekenjin is 'n mededinger vir Google, Yahoo! en IceRocket. Teen Desember 2006, het Technorati reeds 'n indeks van oor die 55 miljoen webjoernale. Die naam Technorati is 'n kombinasiewoord, verwysend na die samesmelting van technological en literati
- JTD-enjin
- JTD is die Fiat-motorgroep se term vir hulle gemenedrukbuisbrandstofinspuitingstelsel turbodieselenjinreeks. Die MultiJet naam word in die tweede geslag gemenedrukbuiseenhede gebruik. Die meeste motors in die Fiat, Alfa Romeo en Lancia reekse het JTD-enjins. Die eienaarskap van sommige van Fiat se JTD-ontwerpe word met General Motors gedeel as deel van 'n skikking na die mislukte samesmelting van die twee voertuigkonglomerate
- Chomsky-hiërargie
- Die Chomsky-hiërargie is 'n inhoudshiërargie van klasse van formele grammatikas wat formele tale voortbring. Hierdie hiërargie van grammatikas, wat ook frasestruktuurgrammatika genoem word, is deur Noam Chomsky in 1956 beskryf (kyk [1
- Google
- Google LLC is 'n multinasionale Amerikaanse onderneming wat op internet-gebaseerde dienste en produkte fokus, waaronder advertensie-verwante tegnologieë, soekenjins, wolkrekenaardienste, sagteware en hardeware. Tans word dit as een van die Big Four of groot vier ondernemings in die tegnologiebedryf beskou - naas Amazon, Apple en Facebook. Die onderneming se missieverklaring is «om die wêreld se inligting te organiseer en dit op 'n universele basis toeganklik en nuttig te maak
- Super Audio CD
- Die Super Audio CD (SACD) is 'n optiese skyf wat as leesalleen-oudioformaat in 1999 deur Sony en Philips ingevoer is en oorspronklik as opvolger van die Compact Disc (CD) bemark is. Die nuwe formaat is gebaseer op die DVD-ROM, dit word egter – in teenstelling met die DVD-Oudio – nie amptelik deur die DVD-Forum erken nie