2012 Top Ten of Polemic for Religion
- New Age-beweging
- Die New Age-beweging is een van die religieë van ons tyd wat die moeilikste definieerbaar is omdat dit, in vergelyking met ander godsdienste en religieë, in baie opsigte heeltemal uniek en selfs omstrede is. Hoewel die beweging as sodanig 'n redelik nuwe verskynsel is wat eers sedert die 1970's in die Weste werklik aandag begin trek het, is die wortels daarvan stewig gevestig in van die wêreld se oudste godsdienste, filosofieë en praktyke soos die Hindoeïsme, Wicca, Druïdisme, Godin-aanbidding
- Kitab-i-Aqdas
- Die Kitab-i-Aqdas of Aqdas is die Heilige Skrifte van die Bahá'ísme en en is deur Baha'u'llah, die stigter van die Bahá'ísme, geskryf. Die boek bevat Baha'u'llahs openbaring en stel talle gedragsreëls vir die Bahá'ís
- NG gemeente Maitland
- Die NG gemeente Maitland, deesdae die Maitland Gemeenskapskerk, is 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Kaapstadse voorstad met dieselfde naam
- Ayyavazhi
- Ayyavazhi is 'n Tamiliese monoteïstiese geloof wat in die middel-19de eeu ontstaan het in Suid-Indië. Die heilige boeke van Ayyavazhi is die Akilathirattu Ammanai en die Arul Nool
- Drie Susterskerke
- Die Drie Suster(s)kerke verwys na die drie oorspronklike gereformeerde Kerke onder die Afrikaners. Vir 'n groot deel van die Afrikaner se geskiedenis, het die meeste Afrikaners tot een van hierdie kerke behoort. Die drie denominasies het dieselfde belydenisskrifte, naamlik: die Nederlandse Geloofsbelydenis, die Heidelbergse Kategismus en die Dordtse Leerreëls. Die drie kerke is:Die Nederduitse Gereformeerde Kerk
Die Nederduitsch Hervormde Kerk
Die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
- Kaartika
- Kaarthika is die agtste maand van die Hindoekalender. Kaarthika is ook bekend as kaatik. Kaarthika begin volgens die westerse kalender tussen 23 Oktober en 22 November wanneer die son in die sterrebeeld Skaal staan. Vir die Gujarati's is Kaarthika die nuwejaar wat sy aanvang met Divali het
- NG gemeente Albanie
- Die NG gemeente Albanie is die 21ste oudste gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika en die sewende oudste in die Sinode van Oos-Kaapland. Die middelpunt van die gemeente was amper 170 jaar lank die dorpie Riebeek-Oos, 39 km noordwes van Grahamstad, maar op 1 Maart 2000 skakel die meer as 80 jaar oue NG gemeente Grahamstad weer by die moedergemeente in, waarna dié stad die middelpunt van die gemeente geword het. Die gemeente het in 2015 150 doop- en 620 belydende lidmate gehad
- Nanak Dev
- Guru Nanak Dev was die stigter van die Sikhisme en is op 15 April 1469 naby Lahore, Pakistan, gebore. Hy het die Adi Granth en ander Heilige Skrifte geopenbaar. Hy versmelt Islamiese met Boeddhistiese en Hindoeïstiese-dogmas. Hy sterf op 22 September 1539 in Kartarpur, Pakistan
- Godsdiens
- Godsdiens bestaan uit verskeie stelsels gelowe en praktyke wat deur mense dwarsoor die wêreld beoefen word
- Allah
- Allah, 'n Arabiese woord, is die hoofnaam vir "God" in die Islamitiese godsdiens en die Arabiessprekende Christendom. Allah word in Islam as die enigste godheid beskou en is reeds in voor-Islamitiese tye as die oppergod vereer. Eeue voor die Islamitiese profeet sy eerste beweerde openbaring in 610 n.C. ontvang en hom vervolgens tot die enigste god verklaar het, het die Lihjaniete en Thamoedeërs as voorgeslagte van die huidige Arabiere al hierdie godheid aanbid en is die naam Allah ook reeds met die Kaäba