2012 Top Ten of Polemic for Philosophy
- Eksistensialisme
- Eksistensialisme is 'n 20ste-eeuse filosofiese en literêre beweging wat individuele vryheid, verantwoordelikheid en subjektiwiteit vooropstel. Eksistensialisme beskou elke persoon as 'n unieke wese, wat verantwoordelik is vir hul eie dade en hul eie lot. Die uitdaging van elke individuele mens is om sy vryheid - in die afwesigheid van 'n transendente god - binne sy absurde en betekenislose bestaan te gebruik om sy eie etos te bou en sodoende sy bestaan betekenisvol te maak
- Yijing
- Die Yijing, of Boek van veranderinge, is van Chinese oorsprong en het 'n drastiese invloed op die Chinese kulturele geskiedenis gehad. Die meer korrekte vertaling van "verandering" is "probleme", oftewel "ontwrigtende verandering". Die boek help iemand om in balans met die natuur te kom deur 'n verandering te bestuur. In teenstelling met hedendaagse boeke is die Yijing nie 'n boek wat van voor tot agter gelees kan word nie. Dit word beskou as verteenwoordigend van 'n wysgeer waarmee daar in gesprek getree
- Demokrasie
- Demokrasie is 'n regeringsvorm gekenmerk deur gereelde en vrye verkiesings waaraan meer as een party kan deelneem, verskanste burgerregte en vrye media. Die woord het sy oorsprong uit die Griekse δημοκρατíα, wat bestaan uit δημος, κρατειν en die agtervoegsel íα. Dit beteken dus "regering deur die mense
- Konfederasie
- 'n Konfederasie is 'n verbond tussen state soos die Switserse Konfederasie van vroeër
- Goelag
- Goelag was in die Sowjet-era die administrasie wat verantwoordelik was vir die bestuur van die land se gevangenekampe. Later is die naam ook vir die kampe self gebruik
- Kleptokrasie
- Kleptokrasie kom van die Griekse klepto (steel) en kratein (regeer), en beteken dus "regering deur diewe". In teenstelling tot byvoorbeeld demokrasie is dit nie 'n staatsvorm nie; dit word slegs gebruik as pejoratiewe term om (vermeende) selfverrykende regerings en lande aan te dui
- Rassisme
- Rassisme of rassediskriminasie dui op die sosiale, ekonomiese of politiese diskriminasie teenoor 'n persoon gebaseer op ras en/of velkleur. Dit dui nie noodwendig op die haat van een ras teenoor 'n ander nie, maar die uitsluiting of weiering van sekere regte en voorregte, soos destyds toegepas deur die apartheidsregering van Suid-Afrika en die Jim Crow-wette in die VSA
- Grondwetlike monargie
- 'n Grondwetlike monargie of konstitusionele monargie is 'n grondwetlike regeringsvorm, waar óf 'n verkose- óf erwende monarg die hoof van die staat is. Dit is anders as in 'n absolute monargie waar die koning of koningin die enigste bron van politieke mag is, aangesien hy of sy nie aan die grondwet gebonde is nie. Die meeste grondwetlike monargieë het 'n parlementêre stelsel waar die monarg die hoof van die staat is, maar 'n direk- of indirek verkose eerste minister die hoof van die regering is
- Monargie
- Monargie is 'n regeringstelsel of staatsvorm waar die staatshoof gebruiklik lewenslang 'n posisie beklee. Die posisie is gewoonlik oorerflik, dit wil sê dat opvolgers aan dieselfde familie behoort. Voorbeelde van lande wat 'n monargiese stelsel het is die Verenigde Koninkryk, België, Nederland, Japan, Lesotho, eSwatini, Australië, Kanada, Nieu-Seeland en vele andere
- Filosofie
- Filosofie of wysbegeerte is 'n vakgebied wat die kennis van, en insig in 'n verskeidenheid fundamentele sake najaag, soos byvoorbeeld realiteit, kennis, betekenis, waarde, bestaan en waarheid. In omgangstaal word die term filosofie baie keer gebruik om te dui op 'n ingesteldheid, uitgangspunt of lewensbeskouing. Hierdie artikel handel eerder oor filosofie as 'n akademiese vakgebied