2012 Top Ten of Polemic for Mathematics

Levenshteinoutomaat
In rekenaarwetenskap is Levenshteinoutomate 'n familie eindigetoestandoutomata wat die versameling V van alle woorde in 'n formele taal waarvoor die Levenshteinafstand tot 'n arbitrêre woord W nie 'n bepaalde konstante oorskry nie, kan herken. 'n Levenshteinoutomaat vir W kan in lineêre tyd eweredig aan die lengte van W gekonstrueer word, en kan V in baie minder tyd identifiseer as wat nodig sou wees as die Levenshteinafstand na W vir elke woord in die taal bereken sou word
Acta Scientiarum Mathematicarum
Acta Scientiarum Mathematicarum is 'n Hongaarse wiskundetydskrif wat in Szeged by die János Bolyai Wiskundige Instituut by die Universiteit Szeged geredigeer en gepubliseer word. Dit is in 1922 deur Alfréd Haar en Frigyes Riesz gevestig. Dit huidige hoofredakteur is László Kérchy
Boolse algebra
Boolse Algebra, vernoem na George Boole (1815-1864), is 'n wiskundige model vir die bewerking van kombinasies van digitale eenhede. 'n Digitale eenheid het een van twee toestande: HOOG of LAAG. Dit word dikwels aangedui met 'n 1 of 0
Wiskundige analise
Wiskundige analise, ook algemeen bekend as calculus is die wiskundige studie van aanhoudende verandering, in dieselfde manier wat geometrie die studie van vorm is en algebra die studie van die veralgemenings van rekeningkundige berekeninge is. Dit het twee hoof vertakkings, naamlik: differensiale calculus en integrale calculus . Hierdie twee vertakkings is verwant aan mekaar deur die fundamentele teorie van calculus. Beide vertakkings maak gebruik van die fundamentele notasies van konvergensie van die
Groep (wiskunde)
In abstrakte algebra is 'n groep 'n versameling met 'n binêre operasie wat sekere aksiomas, soos onder uiteengesit, bevredig. Die versameling heelgetalle met optelling is byvoorbeeld 'n groep. Die vertakking van wiskunde wat groepe bestudeer staan bekend as groepteorie
Bar
Die bar is 'n eenheid van druk. Dit is nie 'n SI-eenheid nie maar word aanvaar vir gebruik met die SI-eenhede. Die bar word steeds gereeld gebruik om druk in uit te druk omdat dit byna gelyk is aan atmosferiese druk
Ellips
'n Ellips is kortliks 'n ovaal: 'n figuur soos ’n sirkel, maar met twee kante wat effens langer en platter is. 'n Lyn wat die verste punte verbind, word die groot, hoof- of lengteas genoem. 'n Lyn wat die naaste punte verbind, word die klein, kort- of breedteas genoem
Omtrek
Die omtrek is die afstand om 'n gegewe twee-dimensionele voorwerp. Dit verwys na die lengte van die buitelyn van die
Vektorruimte
'n Vektorruimte is 'n wiskundige struktuur wat uit 'n versameling vektore bestaan, die vektore synde voorwerpe wat bymekaar gevoeg kan word (vektoraddisie) en deur skalare vermenigvuldig kan word (skalaarvermenigvuldiging). Vektorvermenigvuldigings kan op 'n vektorruimte gedefinieer word, en sommige definisies bemoontlik die meet van lengtes en hoeke in die ruimte. Die skalare betrokke by skalaarvermenigvuldiging kan reële getalle, komplekse getalle, rasionale getalle of die elemente van enige arbitrêre
Vierkante kilometer
Vierkante kilometer is 'n SI-eenheid vir oppervlak. Dit is 'n afgeleide SI-eenheid, en is gelyk aan:die oppervlakte van 'n vierkant met sye wat elk een kilometer lank is 1 000 000 m² 100 hektaar 0,386 102 vierkante myl (landmyl) 247,105381