2012 Top Ten of Polemic for Health

Rookwetgewing
Die Suid-Afrikaanse regering het sedert 1994 aansienlike teenrookwetgewing aangeneem. Hierdie wetgewing behels beide gesondheidswaarskuwings en rookbeperkings. In 1995 het wetgewing in werking getree wat die plaas van waarskuwings op sigaretpakkies in Suid-Afrika verpligtend maak. Tot en met 2000 het geen rookbeperkings in Suid-Afrika gegeld nie, met die uitsondering van 'n beperking op rook in vliegtuie. In Januarie 2001 het 'n wysigingswet in werking getree en aansienlike beperkings geplaas op rook in
Tetrasiklien
Tetrasiklien is 'n breëspektrum antibiotikum wat deur bakterieë in die genus Streptomyces geproduseer word. Tetrasiklien bind aan die 30S-ribosomale subeenheid deur die interaksie met die 16S rRNS. Hiermee verhoed die antibiotika die binding van amino-geassetileerde tRNS aan die ribosoom en gevolglik word proteïensintese in die sel gestop
Bipolêre gemoedsteuring
Bipolêre gemoedsteuring is 'n siektetoestand wat gekenmerk word deur skommelinge in gemoedstoestand, vanaf uiterste depressie tot uiterste manie. Daar bestaan nuwe geneesmiddels daarvoor, en behandeling kan die simptome grootliks verlig en psigososiale funksionering verbeter
Leukemie
Leukemie is 'n kwaadaardige bloedsiekte wat hoofsaaklik gekenmerk word deur witbloedselle (leukosiete) wat die onvermoë het om volwassenheid te bereik
Malaria
Malaria, afgelei van mala aria, of moeraskoors is 'n parasitiese siekte wat ongeveer 350-500 miljoen mense elke jaar aantas en nagenoeg 1,3 miljoen sterftes tot gevolg het. Die siekte word hoofsaaklik in die trope aangetref. Ongeveer 85% van hierdie sterftes vind in Sub-Sahara Afrika plaas. Die WGO het in April 2016 bekendgemaak dat Europa die eerste gebied van die wêreld is wat in 2015 malariavry geword het. In 1995 was daar nog 90 712 gevalle in hierdie gebied
Psigiatrie
Psigiatrie is dié vertakking van geneeskunde wat bemoeid is met die wetenskap en praktyk van die behandeling van kognitiewe, emosionele, of gedragsversteurings. 'n Psigiater is gemagtig om met die bepaalde mediese opleiding medisyne aan die pasiënt voor te skryf. Daarteenoor is 'n sielkundige iemand wat in die vakgebied sielkunde bekwaam is. 'n Kliniese sielkundige is gespesialiseerd in psigoterapie, en kan nie medisyne voorskryf nie
Geneeskunde
Geneeskunde is die vakgebied toegespits op die bestudering van die sel-, weefsel- en orgaansisteme, asook die patologiese manifestasies. Sekondêr – sielkunde en psigiatrie. Daar word gestreef na die herstelling van die mens na 'n gesonde toestand d.m.v. diagnose, prognose en voorkoming
Hallusinogeen
'n Hallusinogeen is 'n middel wat hallusinasies veroorsaak. Die woord hallusineer is afgelei van die Latynse woord "hallucinare", wat "ronddwaal in die gees" beteken. Dit laat mense dinge sien en hoor wat nie werklik bestaan nie. Hallusinogene is uiters gevaarlike gifstowwe wat verslawing of selfs dood kan veroorsaak
Hematologie
Hematologie is die bestudering van bloedkomponente: Wit bloedselle, Rooi bloedselle en plaatjies. Mediese laboratoriums spesialiseer in die sellulêre abnormaliteite sowel as die navorsing van verwante studierigtings
Tuberkulose
Tuberkulose, ook genoem TB, phthisis, en tering, is 'n algemene en dodelike infektiewe siekte. Dit is verantwoordelik vir ongeveer 2–3 miljoen sterftes per jaar uit ongeveer 9–10 miljoen gevalle en kom veral voor in onderontwikkelde, tropiese lande