2012 Top Ten of Polemic for Geography

NG gemeente Kerksondermure
Kerksondermure is ‘n insluitende Christelike gemeenskap in Centurion en Midstream, Gauteng, Suid-Afrika. Die gemeente is gerig daarop om die Jesuslewe te ontdek en die missionale opdrag van Johannes 13 uit te leef
Noak Bridge
Noak Bridge is 'n klein dorpie in die Basildon distrik in die suidooste van Engeland. Daar woon minder as 2 000 mense. Die dorp het 'n skool en twee winkels: 'n apteek en 'n Poskantoor/ "Costcutter
Lordi's Rocktaurant
Lordi's Rocktaurant is 'n Finse maatskappy in privaatbesit wat in 2006 deur Tomi Putaansuu in Rovaniemi, Finland gestig is. Dit bedryf as 'n restaurant getematiseer volgens Lordi, 'n Finse musiekgroep, en die stigter is ook bekend as die voorsanger vir Lordi
Berea (kiesafdeling)
Berea was 'n kiesafdeling van die Suid-Afrikaanse Volksraad vanaf die eerste algemene verkiesing op 15 September 1910 ná Uniewording op 31 Mei daardie jaar. Die kiesafdeling was gesentreer om die gelyknamige voorstad in Durban
Mowbray
Mowbray is 'n suidelike voorstad van Kaapstad tussen Observatory en Rosebank
Rotes Rathaus
Die Berlynse Raadsaal, wat vanweë sy fasadeontwerp met rooi klinkerstene as Rotes Rathaus bekend staan, is geleë in die Rathausstraße en dien as die setel van die deelstaatregering (Senaat) en regerende burgemeester van die Duitse hoofstad Berlyn
Port Jackson
Port Jackson is 'n natuurlike hawe wat aan die ooskus van Australië by Sydney geleë is. Die hawe is ook bekend as plek waar vir bekende "Sydney Opera House" en die "Sydney Harbour Bridge" gesetel is
Palais de la Legion d’Honneur
Die Palais de la Légion d’Honneur, ook Hôtel de Salm genoem, is geleë op die wesoewer van die Seine-rivier in Parys. Die gebou huisves die Museum van die Erelegioen en is een van die setels van die legioen. Die paleis is tussen 1782 en 1787 gebou vir die Duitse Prins Frederik III en is ontwerp deur Pierre Rousseau. Die Franse rewolusionêre regering het die paleis genasionaliseer. Op 13 Mei 1804 het dit die hoofkwartiere van die legioen geword
NG gemeente Adelaide
Die NG gemeente Adelaide is ’n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Sinode van Oos-Kaapland
Rome
Rome is die hoofstad van Italië en die Italiaanse streek Latium. Rome is in westelike Sentraal-Italië aan die Tiberrivier en naby die Tirreense See geleë. Met 'n oppervlakte van 1 285 km² en 'n bevolking van sowat drie miljoen binne die stadsgrense en vier miljoen in die agglomerasie is Rome die grootste stedelike nedersetting in Italië. Die enklawe van die Vatikaanstad is in die noordweste van die stadsgebied geleë