2012 Top Ten of Conflict for Technology
- Google
- Google LLC is 'n multinasionale Amerikaanse onderneming wat op internet-gebaseerde dienste en produkte fokus, waaronder advertensie-verwante tegnologieë, soekenjins, wolkrekenaardienste, sagteware en hardeware. Tans word dit as een van die Big Four of groot vier ondernemings in die tegnologiebedryf beskou - naas Amazon, Apple en Facebook. Die onderneming se missieverklaring is «om die wêreld se inligting te organiseer en dit op 'n universele basis toeganklik en nuttig te maak
- Sagteware-ingenieurswese
- Sagteware-ingenieurswese (SI) is die veld wat bemoei is met die skep and instandhouding van sagteware deur die toepassing van tegnologieë en praktyke wat verkry is vanaf rekenaarwetenskap, projekbestuur en ander vakgebiede
- Sentrale verwerkingseenheid
- 'n Sentrale verwerkingseenheid (SVE), of hoofverwerkingseenheid is die komponent in 'n digitale rekenaars wat instruksies en data in rekenaarprogramme vervat vertaal en verwerk SVE's verleen die fundamentele eienskap van programeerbaarheid aan rekenaars saam met primêre stoorgeheue en toevoer/afvoer fasiliteite. 'n SVE wat vervaardig word deur van geïntegreerde stroombane gebruik te maak staan ook as 'n mikroverwerker bekend. Sedert die middel sewentigs het enkelskyf mikroverwerkers byna alle ander
- Trem
- 'n Trem is 'n openbare mensevervoerstelsel op spore wat gewoonlik deur elektriese motore aangedryf word. Die elektriese motore verkry hul krag uit oorhoofse kabels. Gewoonlik ry 'n trem op spesiale spore wat op die openbare pad lê, sodat die trem tussen die ander verkeer beweeg. In dié geval word 'n trem met rigtingsaanwysers en remligte toegerus
- OS X Mountain Lion
- OS X Mountain Lion is op 16 Februarie 2012 bekendgestel as die negende groot vrystelling in die Mac OS X reeks van Apple. Dit is geskeduleer om in die laat Suid-Afrikaanse winter van 2012 vrygestel the word. OS X Mountain Lion sal selfs meer van die iOS se eienskappe oorneem, met sommige eienskappe wat reeds in Lion vir die Mac bekendgestel is. Baie toepassings is hernoem of aangepas om ooreen te stem met hul iOS-eweknieë. Die toepassing iCal is byvoorbeeld hernoem na Calendar
- Moltrein
- 'n Moltrein is 'n ondergrondse spoorwegvervoerstelsel in groot stede wat die middestad met die omliggende stedelike gebiede verbind. Dit bestaan uit 'n netwerk van lyne wat ondergronds in tonnels of bogronds op viadukte loop. Geen verkeer of ander spore kruis moltreinspore nie. Aan albei punte van 'n moltrein is 'n stuurkajuit sodat die trein in enige rigting kan beweeg. Gewoonlik is daar deure aan albei kante van die trein sodat passasiers op twee verskillende perrone kan afklim. Treine kan kort op mekaar
- Facebook
- Facebook is die wêreld se grootste en aktiefste sosiale netwerkwebwerf. Teen Oktober 2012 het dit meer as een miljard gebruikers gehad, en meer as die helfte van hulle gebruik die mobiele weergawe van die webblad. Facebook is in meer as twintig tale beskikbaar, waaronder Afrikaans. Die gebruik van Facebook is gratis. Nadat 'n gebruiker geregistreer is mag hy 'n persoonlike profiel skep, ander mense bevriend en boodskappe uitwissel. Daar is ook 'n reeks toepassings, soos byvoorbeeld speletjies of
- Pentium 4
- Die Pentium 4 is 'n sewende-generasie x86-argitektuur mikroverwerker deur Intel, die eerste totaal nuwe SVE-ontwerp sedert die Pentium Pro van 1995
- .sy
- .sy is die Internettopvlakdomein vir Sirië
- Twitter
- Twitter is 'n sosiale netwerk- en mikrojoernaaldiens wat gebruikers in staat stel om boodskappe, bekend as tweets, te versend en te lees. Tweets is teksgebaseerde boodskappe van tot 140 karakters wat op die outeur se profiel gepubliseer word en aan die outeur se subskripsiegehoor, bekend as followers (volgelinge), gestuur word