2012 Top Ten of Conflict for Society

St. Vincent en die Grenadine
St. Vincent en die Grenadine, soms kort St. Vincent genoem, is 'n eilandstaat in Noord-Amerika met 'n oppervlakte van 389 km² en 'n bevolking van 104 332 in 2021. Dit bestaan uit die hoofeiland St. Vincent en die noordelike eilande van die Grenadines; almal behoort aan die Klein-Antille
St. Lucia
St. Lucia is 'n eilandstaat in Noord-Amerika met 'n oppervlakte van 617 km² en 'n bevolking van 184 961 in 2021. Dit behoort aan die Klein-Antille
Voorouer
'n Voorouer is 'n persoon waarvan iemand afstam. Om presies te wees, waarvan 'n persoon 34 geslagte terug van afstam. In die breër sin van die woord noem mense dikwels almal voor 3 generasies terug alreeds "voorouers". Dit kom ook voor dat mense na "voorouers" verwys as diegene wat wel 100, 1000 of meer geslagte terug geleef het. Dit sal dan meestal nie meer op 'n individu betrekking hê nie, maar eerder op ’n ras, volk, soort of 'n ander bloedverwante groep mense of diere
Verenigde Nasies
Die Verenigde Nasies, of VN, is 'n internasionale organisasie wat 193 lidlande behels. Amper alle internasionaal-erkende lande is lede. Daar is twee waarnemers van die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies wat nie lid is van die Algemene Vergadering nie: die Heilige Stoel en die Staat Palestina
Aandelebeurs
'n Aandelebeurs of effektebeurs is 'n tegniese mark waar aandele of effekte verhandel word. Aandelemakelaars dryf op 'n aandelebeurs namens hulself en hul kliënte handel en is op die betrokke beurse geregistreer. Die grootste effektebeurse ter wêreld is die New Yorkse Aandelebeurs, die Tokyo-aandelebeurs, die Amerikaanse NASDAQ, die Europese Euronext en die Londense Aandelebeurs. Die Johannesburgse Aandelebeurs (JSE) is die grootste in Afrika
Ondernemer
'n Ondernemer is 'n persoon wat iets onderneem, en daarmee een of ander maatskaplike bydrae lewer. Die ondernemer se doel is om 'n inkomste te verdien deur 'n bepaalde kombinasie van arbeid, kapitaal en kennis in 'n besigheid in te ploeg en sodoende die besigheid te lei of in stand te hou. Die ondernemer moet die inisiatief neem en geleenthede in die mark najaag. Kirzner beskryf die ondernemer as iemand wat bewus is van die kanse en geleenthede en dit benut
Konjunktuur
Konjunktuur is die term wat dui op die sogenaamde golfbewegings van 'n land se ekonomie. 'n Land se ekonomie is baie selde stabiel en word gekenmerk deur periodes van relatiewe voorspoed en teenspoed. In die ekonomie verwys konjunktuur na die verskynsel dat fases van voorspoed en depressie mekaar afwissel. Die eerste formele sakesiklusnavorsing is in die eerste helfte van die twintigste eeu deur Wesley Mitchell en Arthur Burns in die VSA onderneem
Wêreldbank
Die Wêreldbank is die wêreld se grootste instelling vir ontwikkelingsamewerking en is op 27 Desember 1945 gestig. Die instelling verskaf lenings aan ontwikkelende lande en middelinkomste-lande, met die bestryding van armoede as sy hoofdoel. Hierdie internasionale bank is tegnies gesproke 'n gespesialiseerde organisasie van die Verenigde Nasies. Die finansiële steun wat deur die Wêreldbank verleen word, word vir verskeie doeleindes aangewend, van strukturele hervormings van 'n land se gesondheids- en
Europese Unie
Die Europese Unie (EU) is 'n internasionale organisasie van 27 Europese lande met politiese, ekonomiese en geregtelike samewerkingsooreenkomste. Die EU is in 1992 gestig deur die Verdrag van die Europese Unie en is die de facto opvolger van die ses-ledige Europese Ekonomiese Gemeenskap wat in 1957 gestig is
Windows Live Messenger
Windows Live Messenger is 'n kitsboodskapkliënt wat deur Microsoft geskep is en ontwikkel word en wat ontwerp is om op die bedryfstelsels Windows XP, Windows Vista, Windows 7, Windows Server 2003, Windows Server 2008, en Windows Mobile te werk. Die kliënt is sedert 2005 deel van Microsoft se Windows Live-stel aanlyndienste. Dit verbind aan Microsoft se .NET Messenger Service. Die kliënt is die eerste as MSN Messenger op 22 Julie 1999 geloods en as Windows Live Messenger op 13 Desember 2005. Meer as 300