2012 Top Ten of Conflict for Religion
- Godsdiens
- Godsdiens bestaan uit verskeie stelsels gelowe en praktyke wat deur mense dwarsoor die wêreld beoefen word
- Mohammed
- Mohammed of Moegammad was ’n religieuse, politieke en militêre leier van Mekka. Hy het Arabië onder ’n Islamitiese regeringsvorm verenig. Die Moslems en Baha’i glo hy is ’n profeet van God. Die Moslems beskou hom as die hersteller van die onveranderde oorspronklike monoteïstiese geloof van Adam, Noag, Abraham, Moses, Jesus en ander profete
- Koran
- Die Koran is die Heilige Skrifte van die Islam, wat die openbaring bevat wat Mohammed klaarblyklik van die engel Gabriël ontvang het. Ná Mohammed se dood is die openbarings uit aantekeninge en mondelinge oorlewering versamel en geredigeer. Die oudste Koran-redaksie sou dié van kalief Oethman wees. Ander spellings is Quran, Koer'aan Qoer'aan of Qur
- New Age-beweging
- Die New Age-beweging is een van die religieë van ons tyd wat die moeilikste definieerbaar is omdat dit, in vergelyking met ander godsdienste en religieë, in baie opsigte heeltemal uniek en selfs omstrede is. Hoewel die beweging as sodanig 'n redelik nuwe verskynsel is wat eers sedert die 1970's in die Weste werklik aandag begin trek het, is die wortels daarvan stewig gevestig in van die wêreld se oudste godsdienste, filosofieë en praktyke soos die Hindoeïsme, Wicca, Druïdisme, Godin-aanbidding
- Nanak Dev
- Guru Nanak Dev was die stigter van die Sikhisme en is op 15 April 1469 naby Lahore, Pakistan, gebore. Hy het die Adi Granth en ander Heilige Skrifte geopenbaar. Hy versmelt Islamiese met Boeddhistiese en Hindoeïstiese-dogmas. Hy sterf op 22 September 1539 in Kartarpur, Pakistan
- Jesus van Nasaret
- Jesus van Nasaret, ook algemeen bekend as Jesus, is die sentrale figuur in die Christendom en is ook 'n belangrike figuur in verskeie ander gelowe. Daar word ook na hom verwys as Jesus Christus, waar "Christus" afkomstig is vanaf die Griekse Χριστός (Christós) wat "Gesalfde een" beteken en verwant is aan die Hebreeus-afgeleide "Messias". Die naam "Jesus" is afkomstig van die vernederlandse vorm van die Griekse Ίησους (Iesoûs), wat self 'n Hellenisering van die Hebreeus-Aramese ישוע is
- Allah
- Allah, 'n Arabiese woord, is die hoofnaam vir "God" in die Islamitiese godsdiens en die Arabiessprekende Christendom. Allah word in Islam as die enigste godheid beskou en is reeds in voor-Islamitiese tye as die oppergod vereer. Eeue voor die Islamitiese profeet sy eerste beweerde openbaring in 610 n.C. ontvang en hom vervolgens tot die enigste god verklaar het, het die Lihjaniete en Thamoedeërs as voorgeslagte van die huidige Arabiere al hierdie godheid aanbid en is die naam Allah ook reeds met die Kaäba
- Bybel
- Die Bybel is die heilige boek van Christendom, Judaïsme, Rastafarianisme en Samaritaïsme. Die Joodse Bybel of Tanag het 39 dele en vertel die verhaal van God se verhouding met die Joodse mense in antieke tye. Dié 39 dele is ook deel van die Christelike Bybel en word die Ou Testament genoem. Die Christelike Bybel het nog 27 dele, wat die Nuwe Testament genoem word. Daarin word die verhaal van Jesus vertel
- Hindoeïsme (eerste artikel)
- Hindoeïsme is die dominante religie in Indië, Nepal en van ongeveer 'n halfmiljoen mense van Indiese oorsprong in Suid-Afrika
- God
- Die woord god verwys gewoonlik na 'n uiterste persoonlike en/of bonatuurlike wese. Die "opperwese-konsep" kan as inherent of abstrak voorgehou word. Wanneer die woord met 'n kleinletter gespel word, is dit 'n selfstandige naamwoord wat gewoonlik na die god van 'n arbitrêre godsdiens verwys, terwyl wanneer dit binne 'n gegewe godsdiens gebruik word om na daardie godsdiens se eie opperwese(s) te verwys, dit gewoonlik met 'n hoofletter geskryf word. In die Bybel sal daar byvoorbeeld na die Christelike god as