2012 Top Ten of Conflict for Nature
- Kat
- Die kat of huiskat is een van die oudste troeteldiere van die mens. Dit is ’n klein, gewoonlik harige, vleisetende soogdier wat tot die biologiese familie Felidae (katagtiges) behoort. Die ou wetenskaplike naam was Felis domesticus, maar is later vervang deur Felis catus of soms Felis silvestris catus
- Hipofise
- Die pituïtêre klier of hipofise is 'n endokriene klier, wat so groot soos 'n ertjie is en geleë is in die skedelbasis reg onder die brein. Dit lê in 'n klein, benige holte. Die hipofise skei vele hormone af. Die hormone wat afgeskei word reguleer homeostase, insluitend trofiese hormone wat ander endokriene kliere stimuleer. Dit word funksioneel verbind aan die hipotalamus
- Penis
- Die penis of fallus is die uitwendige manlike geslagsorgaan wat by soogdiere ook gebruik word vir urinering. Dit is verwant aan die vroulike klitoris, aangesien dit vanuit dieselfde embriologiese struktuur ontwikkel. Die penis kan 'n ereksie kry en dan gebruik word vir seksuele omgang of masturbasie
- Spesie
- In biologie, is 'n spesie die basiese eenheid van biodiversiteit. In die wetenskaplike klassifikasiesisteem, word 'n spesie aangedui deur 'n frase van twee woorde in Latyn. Die genusnaam is eerste, gevolg deur die spesienaam. Die mens word byvoorbeeld as 'n spesie aangedui as volg: Homo en sapiens direk daarna, as die spesie. Die spesie is nie net die laaste woord nie, maar die hele frase: Homo sapiens. Hierdie stelsel is gegrond op die werk van veral Carolus Linnaeus in die 1700's. Op daardie tydstip is
- Vis
- 'n Vis is 'n waterlewende gewerwelde dier met kieue. Die meeste visse is koudbloedig. Daar bestaan meer as 32 000 verskillende spesies visse in die wêreld. Vis is 'n belangrike bron van proteïen in die dieet van die mens. Teen 2001 is vis na raming deur 1 miljard mense as hoofproteïenbron verbruik
- Kaas
- Kaas is 'n voedsel met 'n hoë inhoud van proteïen en vet, wat uit die gestolde melk van koeie, soms ook bokke, skape, rendiere en waterbuffels vervaardig word. In wese is dit 'n konsentraat van die melk se mees voedsame bestanddele, wat naas proteïen ook kalsium en die vitamine A, B2, B12 en pantoteensuur (B5) insluit.
Daar is meer as 2 000 verskillende soorte kaas wêreldwyd, en meestal word stremsel gebruik om melk te laat stol, maar daar is ook soorte waar sure soos asyn en suurlemoensap of
- Breedtegraad
- Die breedtegraad is die geografiese koördinaat wat die ligging gee van 'n plek op 'n hemelliggaam Noord of Suid van die Ewenaar. Die klimaat en weer van 'n streek is grootliks afhanklik van sy breedtegraadligging. Die breedtegraad kan saam met die lengtegraad gebruik word om 'n plek se geografiese ligging aan te dui
- Helium
- Helium is 'n kleurlose, reuklose, smaaklose chemiese element, een van die edelgasse van die periodieke tabel van elemente, met simbool: He, met een atoomgetal van 2
- Chemie
- Chemie of skeikunde is die wetenskap van materie en die interaksie daarvan met energie. As gevolg van die wye verskeidenheid materie, is chemici dikwels betrokke in die strewe om die wisselwerking tussen atome en molekules wat daaruit gevorm word te bestudeer en te verstaan. Die term "skeikunde" in Afrikaans moet nie verwar word met die onderwerp wat in Engels bekend staan as "separation technology" nie
- Voël
- Voëls is tweevoetige, warmbloedige, eierlêende, gewerwelde diere, wat hoofsaaklik gekenmerk word deur vere en voorste ledemate wat vlerke genoem word, asook bene wat hol van binne is. Voëls het geëvolueer van theropoda-dinosourusse tydens die Juratydperk en die eerste bekende voël is die Laat-Jurassiese Archaeopteryx. Voëls wissel in grootte van klein swaeltjies tot groot loopvoëls soos volstruise en emoes. Daar is tussen 9 000 en 10 000 bekende voëlspesies in die wêreld en die klas Aves is dus