2012 Top Ten of Conflict for Geography
- Suid-Afrika
- Suid-Afrika, amptelik die Republiek van Suid-Afrika, is 'n republiek aan die suidpunt van Afrika. Dit grens in die noorde aan Namibië, Botswana en Zimbabwe, en in die noordooste aan Mosambiek en Eswatini. Lesotho vorm 'n enklawe binne die grense van Suid-Afrika
- Viëtnam
- Viëtnam, amptelik die Sosialistiese Republiek Viëtnam, is 'n sosialistiese republiek in Suidoos-Asië. Dit beslaan 'n oppervlakte van 331 212 km² en het 'n bevolking van 94 569 072 in 2016 gehad. Die hoofstad is sedert die hereniging van Noord- en Suid-Viëtnam in 1976 Hanoi en die grootste stad is Ho Chi Minh-stad. Van die ander nedersettings sluit in Can Tho, Da Nang, Dong Hoi, Hai Phong, My Thuy, Nha Trang en Vung Tau
- Duitsland
- Duitsland, amptelik die Bondsrepubliek Duitsland, is in die sentrum van Europa geleë en vervul in baie opsigte 'n brugfunksie tussen Wes-Europa en die lande van Sentraal- en Oos-Europa
- Noord-Masedonië
- Noord-Masedonië, amptelik die Republiek Noord-Masedonië, is ’n landingeslote republiek op die Balkanskiereiland. Dit is een van die opvolgerstate van Joego-Slawië en het in September 1991 onafhanklik geword. Die land het ’n oppervlakte van 25 713 km² en het volgens die 2021-sensus ’n bevolking van 1 832 696 gehad. Aangrensend is Bulgarye in die ooste, Albanië in die weste, Griekeland in die suide en Serwië en Kosovo in die noorde. Die hoofstad en grootste stad is Skopje
- Rome
- Rome is die hoofstad van Italië en die Italiaanse streek Latium. Rome is in westelike Sentraal-Italië aan die Tiberrivier en naby die Tirreense See geleë. Met 'n oppervlakte van 1 285 km² en 'n bevolking van sowat drie miljoen binne die stadsgrense en vier miljoen in die agglomerasie is Rome die grootste stedelike nedersetting in Italië. Die enklawe van die Vatikaanstad is in die noordweste van die stadsgebied geleë
- Israel
- Israel, ook Israël, amptelik die Staat Israel, is 'n demokratiese grondwetlike republiek in die Midde-Ooste en antieke tuisland van die Jode. Dit oorvleuel gedeeltelik met Palestina, tuisland van die Palestyne. Israel word begrens deur Sirië en Libanon in die noorde, Jordanië in die ooste, Egipte in die suidweste en die Middellandse See in die weste. Die amptelike hoofstad is Jerusalem, die setel van die presidentswoning, regeringskantore, hooggeregshof en die parlement (Knesset). Die sentrum van
- Kasakstan
- Kasakstan, amptelik die Republiek Kasakstan, is ’n transkontinentale, maar landingeslote land in Sentraal-Asië, met ’n klein deel wes van die Oeral-rivier wat in Oos-Europa val. Dit word in Afrikaans ook Kazakstan of Kazachstan gespel. Dit grens aan die Russiese Federasie, die Volksrepubliek China, Kirgisië, Oesbekistan, Turkmenistan en die Kaspiese See. Die hoofstad is Astana; tot in 1997 was dit Almati
- Asië
- Asië is die wêreld se grootste kontinent in sowel oppervlakte as bevolking. Saam met die eilande beslaan dit ongeveer 44 579 000 km² wat 33% van die totale landoppervlakte van die aarde is en dit word bewoon deur meer as 4 miljard mense – ongeveer 60% van die wêreldbevolking
- Republiek die Kongo
- Die Republiek die Kongo, ook Kongo-Brazzaville, of net Kongo is 'n voormalige Franse kolonie in die westelike Sentraal-Afrika. Dit grens aan Gaboen in die weste, aan Kameroen in die noordweste, die Sentraal-Afrikaanse Republiek in die noorde, die Demokratiese Republiek die Kongo in die ooste, Angola (Cabinda) in die suide en die Golf van Guinee in die suidweste
- Russies
- Russies is een van die grootste tale ter wêreld. Dit behoort tot die Indo-Europese taalfamilie en binne dié taalfamilie tot die Slawiese tale. Russies, Oekraïens en Belarussies vorm die Oos-Slawiese taalgroep