2012 Top Ten of Conflict
- Judy Garland
- Judy Garland was 'n Amerikaanse aktrise en sangeres. Sy is hoog aangeslaan vir haar veelsydigheid en het onder meer 'n Juvenile Award, Golden Globe- en Grammy-pryse en 'n Spesiale Tony-toekenning gekry
- Wikipedia
- Wikipedia is 'n veeltalige "kopielinkse" ensiklopedie ontwerp om deur enigiemand gelees, verbeter en uitgebrei te word. Dit berus op samewerkende verandering en onderhoud deur duisende gebruikers deur middel van wiki-sagteware, en word verskaf en ondersteun deur die nie-winsgewende Wikimedia-stigting. Waarnemers beskou die tweeledige bestuur, waarin 'n informele gemeenskap van aktiewe gebruikers die gesag oor 'n globale digitale projek met 'n stigting deel en sodoende formele met informele
- Suid-Afrika
- Suid-Afrika, amptelik die Republiek van Suid-Afrika, is 'n republiek aan die suidpunt van Afrika. Dit grens in die noorde aan Namibië, Botswana en Zimbabwe, en in die noordooste aan Mosambiek en Eswatini. Lesotho vorm 'n enklawe binne die grense van Suid-Afrika
- Viëtnam
- Viëtnam, amptelik die Sosialistiese Republiek Viëtnam, is 'n sosialistiese republiek in Suidoos-Asië. Dit beslaan 'n oppervlakte van 331 212 km² en het 'n bevolking van 94 569 072 in 2016 gehad. Die hoofstad is sedert die hereniging van Noord- en Suid-Viëtnam in 1976 Hanoi en die grootste stad is Ho Chi Minh-stad. Van die ander nedersettings sluit in Can Tho, Da Nang, Dong Hoi, Hai Phong, My Thuy, Nha Trang en Vung Tau
- Godsdiens
- Godsdiens bestaan uit verskeie stelsels gelowe en praktyke wat deur mense dwarsoor die wêreld beoefen word
- Duitsland
- Duitsland, amptelik die Bondsrepubliek Duitsland, is in die sentrum van Europa geleë en vervul in baie opsigte 'n brugfunksie tussen Wes-Europa en die lande van Sentraal- en Oos-Europa
- Noord-Masedonië
- Noord-Masedonië, amptelik die Republiek Noord-Masedonië, is ’n landingeslote republiek op die Balkanskiereiland. Dit is een van die opvolgerstate van Joego-Slawië en het in September 1991 onafhanklik geword. Die land het ’n oppervlakte van 25 713 km² en het volgens die 2021-sensus ’n bevolking van 1 832 696 gehad. Aangrensend is Bulgarye in die ooste, Albanië in die weste, Griekeland in die suide en Serwië en Kosovo in die noorde. Die hoofstad en grootste stad is Skopje
- Rome
- Rome is die hoofstad van Italië en die Italiaanse streek Latium. Rome is in westelike Sentraal-Italië aan die Tiberrivier en naby die Tirreense See geleë. Met 'n oppervlakte van 1 285 km² en 'n bevolking van sowat drie miljoen binne die stadsgrense en vier miljoen in die agglomerasie is Rome die grootste stedelike nedersetting in Italië. Die enklawe van die Vatikaanstad is in die noordweste van die stadsgebied geleë
- Justin Bieber
- Justin Drew Bieber is 'n Kanadese pop- en R&B-sanger. Bieber se ouers het video's van hom op YouTube gelaai, waar hy deur sy uiteindelike bestuurder Scooter Braun ontdek is. Braun het gereël dat Bieber met Usher in Atlanta, Georgia in die VSA moes ontmoet, waarna Bieber spoedig 'n kontrak met Raymond Braun Media Group (RBMG) aangebied is. Daarna het hy 'n opneemkontrak met Island Records losgeslaan
- Selena Gomez
- Selena Marie Gomez is 'n Amerikaanse sangeres, aktrise en modeontwerpster. Sy het bekend geword vir haar rol as Alex Russo in die Disney-sitkom Wizards of Waverly Place. Gomez speel ook in verskeie rolprente en het gasrolle in 'n aantal TV-reekse gespeel. Sy het verskeie albums saam met haar musiekgroep, Selena Gomez & the Scene opgeneem. Sy het ook haar eie klerereeks, Dream Out Loud, en doen graag vrywilligerswerk. Sedert 2008 is Gomez 'n UNICEF-ambassadeur, die jongste ambassadeur wat UNICEF tot dusver