2011 Top Ten of Polemic for Technology
- MPEG-2 Oudio Laag 3
- IRC
- IRC is 'n internet-kommunikasieprotokol wat gebruik kan word vir kletskamers. Dit is veral geskik vir groepsgewyse (een-tot-baie) kommunikasie, maar direkte een-tot-een kommunikasie tussen persone word ook toegelaat
- DVD-R
- DVD-R-skyfies is DVD-media wat net een keer met data beskryf kan word. Die DVD-R-formaat kan tussen 4,7 en 8,5 GB data stoor en is deur die DVD-Forum amptelik goedgekeur vir video-opnames met DVD-opnemers
- DVD-ROM
- DVD-ROM is 'n akroniem vir Digital Video Disk - Read-Only Memory. Die skyfies kan tussen 4.7 en 17 GB data stoor. Soos die naam aandui, kan hulle deur 'n DVD-aandrywer gelees word, maar nie gemodifiseer word nie, m.a.w. daar kan nie nuwe data op die skywe geplaas word nie. Aangesien daar tans ook DVD's met slegs musiek of ander data vrygestel word, word die frase Digital versatile disk ook as verduideliking van die akroniem gegee. Daar word in die omgangstaal na 'n DVD-ROM as 'n "DVD" verwys, met die
- GNU/Linux
- GNU/Linux is die naam vir die bedryfstelsel wat bestaan uit programme van die GNU-projek en die Linux-kern. Hierdie is 'n effens omstrede naam aangesien hierdie stelsels gewoonlik slegs "Linux" genoem word, en die gesamentlike naam hoofsaaklik deur die GNU-projek en hulle ondersteuners aangemoedig word
- Tydlyn van uitvindings
- Die tydslyn van historiese uitvindings is a chronologiese lys van besonders belangrike tegnologiese uitvindings wat die wêreld verander het
- Twitter
- Twitter is 'n sosiale netwerk- en mikrojoernaaldiens wat gebruikers in staat stel om boodskappe, bekend as tweets, te versend en te lees. Tweets is teksgebaseerde boodskappe van tot 140 karakters wat op die outeur se profiel gepubliseer word en aan die outeur se subskripsiegehoor, bekend as followers (volgelinge), gestuur word
- MP3
- MP3 is 'n lêerformat vir die verliesvrye kompressie van oudiodata. MP3 gebruik die beginsel dat slegs die gedeelte opgeneem en gestoor word wat die menslike oor kan hoor. Daardeur word 'n datakompressie moontlik wat die oudiogehalte min of glad nie beïnvloed nie. Die formaat is 'n indirekte voorganger van AAC of Vorbis, wat 'n beter gehalte en funksionaliteit lewer
- Elektriese weerstand en konduktansie
- Die elektriese weerstand van 'n voorwerp is 'n maatstaf van die teenstand of verset teen die deurlating van 'n bestendige elektriese stroom. 'n Voorwerp met 'n uniforme deursnee het 'n weerstand direk eweredig aan sy lengte en omgekeerd eweredig aan die deursnee-area, en direk eweredig aan die resistiwiteit van die materiaal. Die wedersydse van elektriese weerstand is elektriese konduktansie of elektriese geleidingsvermoë
- Skeertuig
- 'n Skeertuig of kussingtuig is 'n amfibiese voertuig wat ontwerp is om oor enige gladde terrein hetsy land of water te reis op 'n kussing van stadig bewegende laedruk lug wat na die oppervlak onder die tuig geblaas word