2011 Top Ten of Polemic for Society

SASOL
SASOL is 'n Suid-Afrikaanse maatskappy met belange in mynbou, energie, chemikalië en sintetiese brandstowwe. SASOL se hoofkwartier is in Sandton, Johannesburg, sy aandele word op die Johannesburgse en New Yorkse Effektebeurs genoteer. SASOL het 34 000 werknemers in 33 lande dwarsoor die wêreld. Dit is tans die tweede grootste nywerheidsmaatskappy in die land en een van die grootste multinasionale maatskappye wat hulle oorsprong in Suid-Afrika het, met 'n jaarlikse omset van meer as VS$ 12 miljard
Modernisering
In die sosiale wetenskappe verwys modernisering na 'n model van 'n evolusionêre oorgang van 'n 'pre-moderne' of 'tradisionele' na 'n 'moderne' samelewing. Die teleologie van modernisering word beskryf in teorieë wat handel oor sosiale ewolusionisme en dit bestaan as 'n sjabloon wat algemeen deur gemeenskappe gevolg is wat moderniteit bereik het. Hoewel dit teoreties moontlik is vir sommige gemeenskappe om 'n totale ommeswaai in denke en handelswyses te toon, is daar nog geen teenvoorbeelde in betroubare
Nasionale Vergadering van Suid-Afrika
Die Nasionale Vergadering is die laerhuis van die Parlement van Suid-Afrika, geleë in Kaapstad, Wes-Kaap. Dit bestaan uit nie minder as 350 en nie meer as 400 parlementslede nie. Die helfte van die lede van die Nasionale Vergadering word vir vyf jaar op proporsionele grondslag van 'n nasionale lys verkies en die ander helfte van provinsiale lyste
Seimas
Die Seimas van die Republiek Litaue, of kort Seimas is die parlement van Litaue. Die naam is afgelei van die Poolse Sejm en dateer uit die tyd van die Pools-Litause Gemenebes of Rzeczpospolita. Dit het destyds na die hoogste wetgewende gesag van die Grootvorstedom Litaue verwys
Grondwet van Suid-Afrika
Die Grondwet van Suid-Afrika is die hoogste wet van Suid-Afrika. Dit is op 4 Desember 1996 as Wet 108 van 1996 deur die Konstitusionele Hof van Suid-Afrika aanvaar
Administratiefreg
Administratiefreg dek 'n baie wye veld en is soms moeilik omskryfbaar. Dit behels gewoonlik die optrede van die uitvoerende gesag van 'n staat. Dit is al die reëls wat aan regsubjekte die bevoegdheid verleen om op te tree. Dit skryf verder ook die prosedures voor hoe opgetree moet word en verseker dat derglike optredes binne perke is
Shkval
Die Shkval is 'n produkreeks torpedo’s ontwikkel in die 1960's in opdrag van die Sowjetunie se vloot. Dit is die vinnigste torpedo ter wêreld
Paul Roos Gimnasium
Paul Roos Gimnasium is 'n seunskool in Stellenbosch, Suid-Afrika wat in 1866 as Stellenbosch Gymnasium gestig is. Dit was later die Hoër Jongenskool, maar nadat Paul Roos in 1940 ná 30 jaar as die rektor afgetree het, is die skool na hom genoem. Dit is een van net vier skole wat Cecil John Rhodes in sy testament uitgesonder het as die ontvanger van een Rhodes-beurs per jaar
Saliese wet
Die Saliese wet was ’n belangrike wet wat opgestel is vir die regering van die Saliese Franke in die vroeë Middeleeue tydens die heerskappy van koning Clovis I in die 6de eeu. Hoewel die wet baie antieke gebruike weerspieël, is die vroegste datum waarop dit saamgestel kon gewees het, tussen 507 en 511
Kwaliteitsbestuurstelsel
'n Kwaliteitsbestuurstelsel (KBS) kan gedefinieer word as 'n versameling beleidsverklarings, prosesse en prosedures wat vereis word in die beplanning en uitvoering van in die kernaktiwiteit van 'n organisasie. Kwaliteitsbestuurstelsels integreer die verskillende interne prosesse in 'n organisasie en poog om 'n prosesbenadering daar te stel vir projekuitvoering. 'n KBS stel organisasies daartoe in staat om die verskeie kernbesigheidsprosesse te identifiseer, te meet, te beheer en te verbeter en is daarop