2011 Top Ten of Polemic for Religion

Katoliek Apostoliese Kerk
Die Katoliek Apostoliese Kerk, is volgens baie Christene verwysend na die onsigbare kerk waaruit alle Christene bestaan, volgens die laaste sin van die Niciaanse Geloofsbelydenis. Dit verwys egter ook na die groep gelowiges bekend as Irvingianisme, of Irvingisme, meer algemeen bekend as die One, Holy, Catholic and Apostolic Church wat in die eerste helfte van die 19de ontstaan het as gevolg van 'n geestelike ontwaking
Belydenis van Belhar
Die Belharbelydenis is 'n Christelike geloofsdokument wat oorspronklik in Afrikaans geskryf is en deur die sinode van die Nederduitse Gereformeerde Sendingkerk in Suid-Afrika in 1986 as geloofsbelydenis aangeneem is
Ateïsme
Ateïsme is 'n filosofiese stroming met die fundamentele uitgangspunt dat daar geen god/gode anderkant die ervaarbare werklikheid, geen goddelike wêreldorde en geen geldige begrip van God bestaan nie
Jerusalem
Jerusalem is die hoofstad en grootste nedersetting van Israel met 'n bevolking van 933 113. Die stad lê tussen die Middellandse See in die weste en die Dooie See in die ooste. Jerusalem is die Heilige stad van die drie Abrahamitiese gelowe Judaïsme, Christendom en Islam. Jerusalem is saam met Hebron, Safed en Tiberias een van die vier heilige stede binne Judaïsme. In Islam is Jerusalem die derde heiligste stad net na Mekka en Medina
Odin
Odin of Wodan word dikwels as die oppergod in die Germaanse mitologie beskou. Hy is ook onder die volgende Noord-Germaanse name bekend: Oudnoors: Óðinn, Sweeds en Deens: Oden. Wes-Germaanse name van hierdie God is Weda (Oud-Fries), Woden, Wodan (Oud-Frankies), Wuodan (Alemannies), Wotan of Wothan (Germaans) en Guodan (Lombardies
Hemera
Hemera was in die Griekse mitologie een van die eerste of oergode. Sy was die verpersoonliking van die dag en volgens Hesiodus die dogter van Erebos en Nyx (Nag). Hyginus sê egter in sy voorwoord tot die Fabulae dat Chaos haar vader/moeder was en Nyx haar suster
Paasfees
Paasfees is een van die belangrikste gelowige feeste in die Christelike kerklike jaar en word tussen laat Maart tot vroeg April gevier. Paasfees vier die opstanding van Jesus Christus, wat, volgens sy volgelinge, op die derde dag na sy kruisiging uit die dood uit opgestaan het
Nederduitse Gereformeerde Kerk
Die Nederduitse Gereformeerde Kerk is die oudste Kerk in Suid-Afrika en 'n lid van die Nederduits Gereformeerde Kerkfamilie, asook die oudste van die Drie Susterkerke. Die NGK het in 2008 1 162 gemeentes gehad in Suid-Afrika, Namibië, Zimbabwe, Zambië, Botswana en Londen geleë. Talle jonger kerke het reeds uit die sendingwerk van die NG Kerk gegroei soos Malawi, Nigerië en Portugal
Ware Jesuskerk
Die Ware Jesuskerk is deel van die Pinksterkerke. Die Ware Jesuskerk het ontstaan in 1917 in Beijing, onder die Engelse naam. Hulle glo eerstens in die Bybel en dat alles wat daarin staan waar is; dat mens ná bekering na Christendom gedoop word en daarna in tale kan begin praat wanneer die Heilige Gees in hulle leef. Hulle glo nie net dat mense genees kan word wanneer daar vir hulle gebid word nie, maar dit is algemeen om genesings, en ander wonderwerke te ervaar
Chaos (mitologie)
Chaos is in die Griekse mitologie die niks waaruit die eerste Griekse gode ontstaan het. Dit is ’n eindelose gat waarin alles val; nie na onder nie, want geen oriëntasie is moontlik nie, maar na alle kante toe. Uit hierdie uitgestrekte en duistere wanorde het orde ontstaan in die vorm van die Aarde. Die kinders van Chaos het saam met hul vader die berge, die see en die hemel geskep. Hulle het ook 12 Titane, 3 siklope en 3 reuse met honderd arms elk gemaak. Van die 12 Titane is Okeanos, Iapetos en Kronos