2011 Top Ten of Polemic for Nature
- Arp 87
- Arp 87 is twee interaktiewe sterrestelsels, NGC 3808A en NGC 3808B. Dit is geleë in die sterrebeeld Leeu, ongeveer 300 miljoen ligjare van die Aarde af
- Magnetohidrodinamika
- Magnetohidrodinamika is die vakgebied wat hom bemoei met die studie van die dinamika van elektries geleidende vloeiers. Voorbeelde van sulke vloeiers sluit in plasmas, vloeibare metale en soutwater. Die vakgebied is deur Hannes Alfvén begin, waarvoor hy dan ook die Nobelprys vir fisika in 1970 verwerf het
- Congo
- Congo was 'n sjimpansee wat geleer het om te kan verf op papier en skilderdoek, onder beskerming van die dierkundige, etoloog, en surrealistiese skilder Desmond Morris. Hy het die meeste van sy werk gelewer in die laat 1950's. Sy styl is beskryf as abstrakte impressionisme
- Heliosfeer
- Die heliosfeer of sonsfeer is die magnetosfeer, astrosfeer en buitenste atmosfeerlaag van die Son. Dit het die vorm van 'n groot, borrelagtige streek van die ruimte. In terme van plasmafisika is dit die holte wat deur die Son gevorm word in die omringende interstellêre medium. Die "borrel" word aanhoudend "opgeblaas" deur plasma van die Son af, bekend as die sonwind. Buite die heliosfeer maak dié sonplasma plek vir die interstellêre plasma wat die Melkweg deurtrek
- Pelsrob
- Pelsrobbe verteenwoordig een van twee afsonderlike groepe soogdiere wat "robbe" genoem word. Beide pelsrobbe en die egte-robbe is lede van die Pinnipedia, wat gewoonlik as 'n suborde van die orde Carnivora gesien word, maar soms as 'n onafhanklike orde. Die pelsrobbe behou egter soos hulle familiegenote, die seeleeus, tot 'n mate die vermoë om op land te loop aangesien hulle agterste ledemate vorentoe onder die liggaam gebring kan word om die dier se liggaam te dra. Dit behou ook klein, maar sigbare ore
- Lys van visse
- Hier volg 'n alfabetiese lys van visse:
A - B - C - D - E - F - G - H - I - J - K - L - M - N - O - P - Q - R - S - T - U - V - W - X - Y - Z - Sien
- Glaskatvis
- Die glaskatvis is 'n deursigtige varswatervis. Die vis kan tot 15 cm lank word, maar in akwariums word hulle tussen 6 en 8 cm lank. Die glaskatvis kom voor in Suidoos-Asië en word in skole glaskatvisse aangetref
- Wetenskaplike metode
- Die wetenskaplike metode is 'n sistematiese manier om kennis te versamel. Dit is gegrond op waarnemings, metings, voorspellinge, eksperimente, bevestiging en weerlegging
- Basis
- 'n Basis is 'n stof wat met 'n suur reageer om 'n sout en water te vorm. Die tabel hieronder toon enkele basisse en hul chemiese simbole
- Robinia
- Die plantgenus Robinia bestaan uit Akasia-agtige, peuldraende bome, wat in die bloeityd aanskoulike wit of ligroos bloeiwyses dra en hoort tot die orde Fabaceae. Dit is inheems aan die ooste en suid-ooste van Noord-Amerika waar tussen vier en tien spesies aangetref word. Hiervan is een, die Gewone robinia vanweë sy aantreklike wit bloeisels in die 17de eeu ook uitgevoer na Europa as tuin- en sierplante vir lane