2011 Top Ten of Polemic for Health

Aandaggebrek-hiperaktiwiteitsteuring
Aandaggebrek-hiperaktiwiteitsteuring, voorheen aandaggebreksindroom (AGS) en aandagafleibaarheidsindroom genoem, word grootliks beskou as 'n neurologiese steuring wat omtrent 5% van die wêreld se bevolking affekteer. Dit ontstaan reeds in die vroeë jare van 'n kind. Dit word geklassifiseer as patrone van aanhoudende verloor van aandag en/of hiperaktiwiteit, dit word gewoonlik verbind aan vergeetagtigheid en min beheer oor eie impulsiwiteit. AGHS word tans beskou as 'n toestand waarvoor daar geen mediese
Hemofilie
Hemofilie is 'n naam vir enige van 'n groep oorerflike genetiese siektes wat die liggaam se vermoë om bloeding te beheer belemmer
Talassemie
Talassemie is 'n oorerflike siekte van die rooibloedselle, en word geklassifiseer as 'n sogenaamde hemoglobinopatie. Die genetiese defek lei tot die vorming van 'n abnormale hemoglobien-molekule. Dit maak die bloedselle kwesbaar vir beskadiging, wat dan tot vernietiging van die selle kan lei. Gereelde bloedoortappings is nodig vir sommige van die lyers aan talassemie om te kan oorleef
Malaria
Malaria, afgelei van mala aria, of moeraskoors is 'n parasitiese siekte wat ongeveer 350-500 miljoen mense elke jaar aantas en nagenoeg 1,3 miljoen sterftes tot gevolg het. Die siekte word hoofsaaklik in die trope aangetref. Ongeveer 85% van hierdie sterftes vind in Sub-Sahara Afrika plaas. Die WGO het in April 2016 bekendgemaak dat Europa die eerste gebied van die wêreld is wat in 2015 malariavry geword het. In 1995 was daar nog 90 712 gevalle in hierdie gebied
Alzheimersiekte
Alzheimersiekte is 'n progressiewe neurodegeneratiewe siekte met kenmerkende kliniese en patologiese tekens
Geneeskunde
Geneeskunde is die vakgebied toegespits op die bestudering van die sel-, weefsel- en orgaansisteme, asook die patologiese manifestasies. Sekondêr – sielkunde en psigiatrie. Daar word gestreef na die herstelling van die mens na 'n gesonde toestand d.m.v. diagnose, prognose en voorkoming
Kliniese depressie
Kliniese depressie is 'n toestand wat gepaardgaan met hartseer, swaarmoedigheid of wanhoop wat sover gaan dat dit 'n individu se deelname aan sosiale en/of daaglikse lewensaktiwiteite ontwrig. Alhoewel 'n slegte gemoedstoestand of 'n gevoel van neerslagtigheid wat nie 'n mens se daaglikse deelname aan aktiwiteite beïnvloed nie, dikwels na verwys word as depressie, is kliniese depressie 'n mediese diagnose wat onderskei kan word van die alledaagse gebruik wat verwys na terneergedruktheid
Cholera
Cholera is 'n infeksie van die dunderm deur die bakterie Vibrio cholerae. Daar is verskillende vibrio-bakterieë, waarvan die meeste die ingewande aantas. V. cholerae veroorsaak egter epidemiese cholera. Die kiem produseer 'n gifstof, 'n enterotoksien, wat veroorsaak dat die dunderm groot hoeveelhede vloeistowwe, soute en minerale afskei, wat dan aanleiding gee tot waterige diarree. In sommige pasiënte is die simptome minder ernstig, maar in ernstige gevalle veroorsaak cholera lewensbedreigende
Tuberkulose
Tuberkulose, ook genoem TB, phthisis, en tering, is 'n algemene en dodelike infektiewe siekte. Dit is verantwoordelik vir ongeveer 2–3 miljoen sterftes per jaar uit ongeveer 9–10 miljoen gevalle en kom veral voor in onderontwikkelde, tropiese lande
Psigiatrie
Psigiatrie is dié vertakking van geneeskunde wat bemoeid is met die wetenskap en praktyk van die behandeling van kognitiewe, emosionele, of gedragsversteurings. 'n Psigiater is gemagtig om met die bepaalde mediese opleiding medisyne aan die pasiënt voor te skryf. Daarteenoor is 'n sielkundige iemand wat in die vakgebied sielkunde bekwaam is. 'n Kliniese sielkundige is gespesialiseerd in psigoterapie, en kan nie medisyne voorskryf nie