2011 Top Ten of Polemic for Geography

Borinage
Die Borinage [bɔri'na:ʒ] is 'n nywerheidsgebied rondom die stad Mons en naby die grens met Frankryk. Dit beslaan die westelike gedeelte van die Belgiese provinsie Hainaut se steenkool- en nywerheidsbekken. Die gebied het geen uitgesproke sentrum nie, maar bestaan eerder uit 'n reeks nedersettings met mynbou en nywerhede as hul ekonomiese basis
Borger-Odoorn
Borger-Odoorn, Nedersaksies: Börger-Oring, is 'n munisipaliteit in die Nederlandse provinsie Drenthe. Die munisipale gebied het sowat 26 000 inwoners (2011), 'n oppervlakte van 278 km² en is in 1998 gestig deur die samevoeging van die munisipaliteite Borger en Odoorn. Exloo is die administratiewe setel van die munisipaliteit
Boulevard Saint-Laurent
Die Boulevard Saint-Laurent, wat plaaslik ook as la Main bekendstaan, is 'n groot winkelstraat wat in noord-suidelike rigting deur die Kanadese metropool Montreal loop. Vroeër het talle immigrante hulle langs die boulevard gevestig en 'n groot aantal klein winkels en restourante geopen. Sedert 1905 verdeel die straat Montréal in twee helftes - die oostelike (l'Est) en die westelike stadsgebied (l'Ouest). Ten opsigte van die straatname in hierdie gebiede dui die agtervoegsels Est en Ouest hulle oostelike
Aa en Hunze
Aa en Hunze is 'n munisipaliteit in die Nederlandse provinsie Drenthe. Die munisipale gebied het sowat 26 000 inwoners (2011) en 'n oppervlakte van 279 km². Gieten is die administratiewe setel van die munisipaliteit. Aa en Hunze is in 1998 gestig deur die samevoeging van die munisipaliteite Anloo, Gasselte, Gieten en Rolde
Krieketwêreldbeker 2007
Die Krieketwêreldbeker 2007 is van 13 Maart tot 28 April 2007 in Wes-Indië beslis. Dit was die negende krieketwêreldbeker van die vierjaarlikse krieketwêreldkampioenskap in internasionale eendagkrieket (EDI) wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied word en die eerste in die Amerikas. Die sewe Karibiese eilandstate Antigua en Barbuda, Barbados, Grenada, Jamaika, St. Kitts en Nevis, St. Lucia en Trinidad en Tobago, asook Guyana het gesamentlik as gashere van dié toernooi opgetree, meer as
Avarua
Avarua is die hoofstad en grootste stad van die Cookeilande, 'n selfregerende eilandnasie in vrye assosiasie met Nieu-Seeland in die Stille Oseaan en Oseanië. Die stad het 'n bevolking van 5 445 in 2006 gehad en lê op die eiland Rarotonga
Ingermanland
Ingermanland of Ingrië is 'n historiese landstreek in Rusland wat bestaan uit die suideroewer van die Newarivier, tussen die Golf van Finland, die Narwa-rivier en die Peipoesmeer in die weste, en Ladogameer en die westeroewer van die Wolchof-rivier in die ooste. Oorsponklik was die Newa-rivier die grens tussen Ingermanland en Karelië, maar sedert die laat 15de - vroeë 16de eeu het dit noord geskuif, nader aan die Kareliese landengte, en loop dit al langs die Sestra-rivier en dan ooswaarts na die
Tucson
Tucson is 'n stad in die suide van die Amerikaanse deelstaat Arizona. Die stad is in 1775 gestig en het 'n bevolking van omtrent 525 529 in 2008 gehad. Een van die stad se byname is The Old Pueblo
Eerste Kamer van die Stategeneraal
Die Eerste Kamer van die Stategeneraal is een van die twee Kamers van die Nederlandse volksverteenwoordiging, die Stategeneraal van Nederland. Die Eerste Kamer bestaan sedert 1815 en is gevestig in die administratiewe hoofstad Den Haag. Hierdie Kamer het 75 lede en word deur die Provinsiale State verkies. Die voorsitter is Jan Anthonie Bruijn (VVD). Die Eerste Kamer is nie die belangrikste Kamer nie. So het die Eerste Kamer nie die reg om besluite te wysig en in te dien nie, maar die Tweede Kamer wel
Podolsk
Podolsk is 'n nywerheidstad in die Russiese Moskou-oblast, sowat 40 km suid van Moskou. Die stad dien as die administratiewe hoofstad van die rajon Podolsk. Podolsk, wat aan die Pachra-rivier geleë is, is die grootste nedersetting in die Moskou-oblast met 'n bevolking van 218 537 (2014