2011 Top Ten of Conflict for Technology

Twitter
Twitter is 'n sosiale netwerk- en mikrojoernaaldiens wat gebruikers in staat stel om boodskappe, bekend as tweets, te versend en te lees. Tweets is teksgebaseerde boodskappe van tot 140 karakters wat op die outeur se profiel gepubliseer word en aan die outeur se subskripsiegehoor, bekend as followers (volgelinge), gestuur word
LOL (Internet slang)
LOL is 'n afkorting vir "laughing out loud", "laugh out loud", of minder gewoon "lots of laughter" of "lots of laughs". LOL is 'n tipiese element in Internet "slang". Die gebruik van hierdie akroniem het op Usenet ontstaan
MP3
MP3 is 'n lêerformat vir die verliesvrye kompressie van oudiodata. MP3 gebruik die beginsel dat slegs die gedeelte opgeneem en gestoor word wat die menslike oor kan hoor. Daardeur word 'n datakompressie moontlik wat die oudiogehalte min of glad nie beïnvloed nie. Die formaat is 'n indirekte voorganger van AAC of Vorbis, wat 'n beter gehalte en funksionaliteit lewer
MPEG-2 Oudio Laag 3
Tegnologie
Tegnologie is die som van tegnieke, vaardighede, - metodes, en - prosesse wat gebruik word in die produksie van goedere of dienste of in die vervulling van die doelwitte, soos wetenskaplike ondersoek. Tegnologie kan die kennis wees van tegnieke en prosesse, of dit kan deel wees van masjiene. Stelsels is die toepassing van tegnologie deur die neem van 'n inset, en om dit te verander en te vervaardig, en dan sodoende uitkoms te verkry, dit staan as tegnologiese stelsels bekend
Bronadres
’n Bronadres is ’n etiket wat na ’n inligtingsbron, soos byvoorbeeld ’n webbladsy of ’n ander lêer, verwys
Skeertuig
'n Skeertuig of kussingtuig is 'n amfibiese voertuig wat ontwerp is om oor enige gladde terrein hetsy land of water te reis op 'n kussing van stadig bewegende laedruk lug wat na die oppervlak onder die tuig geblaas word
Rekenaarnetwerk
'n Rekenaarnetwerk bestaan uit baie rekenaars en randtoestelle wat aanmekaar verbind word deur 'n telekommunikasiestelsel ten einde kommunikasie en die deel van hulpbronne te bewerkstellig
Google
Google LLC is 'n multinasionale Amerikaanse onderneming wat op internet-gebaseerde dienste en produkte fokus, waaronder advertensie-verwante tegnologieë, soekenjins, wolkrekenaardienste, sagteware en hardeware. Tans word dit as een van die Big Four of groot vier ondernemings in die tegnologiebedryf beskou - naas Amazon, Apple en Facebook. Die onderneming se missieverklaring is «om die wêreld se inligting te organiseer en dit op 'n universele basis toeganklik en nuttig te maak
Elektriese weerstand en konduktansie
Die elektriese weerstand van 'n voorwerp is 'n maatstaf van die teenstand of verset teen die deurlating van 'n bestendige elektriese stroom. 'n Voorwerp met 'n uniforme deursnee het 'n weerstand direk eweredig aan sy lengte en omgekeerd eweredig aan die deursnee-area, en direk eweredig aan die resistiwiteit van die materiaal. Die wedersydse van elektriese weerstand is elektriese konduktansie of elektriese geleidingsvermoë