2011 Top Ten of Conflict for Society
- Seimas
- Die Seimas van die Republiek Litaue, of kort Seimas is die parlement van Litaue. Die naam is afgelei van die Poolse Sejm en dateer uit die tyd van die Pools-Litause Gemenebes of Rzeczpospolita. Dit het destyds na die hoogste wetgewende gesag van die Grootvorstedom Litaue verwys
- Saliese wet
- Die Saliese wet was ’n belangrike wet wat opgestel is vir die regering van die Saliese Franke in die vroeë Middeleeue tydens die heerskappy van koning Clovis I in die 6de eeu. Hoewel die wet baie antieke gebruike weerspieël, is die vroegste datum waarop dit saamgestel kon gewees het, tussen 507 en 511
- Grondwet van Suid-Afrika
- Die Grondwet van Suid-Afrika is die hoogste wet van Suid-Afrika. Dit is op 4 Desember 1996 as Wet 108 van 1996 deur die Konstitusionele Hof van Suid-Afrika aanvaar
- Avianca
- Avianca is die nasionale en die grootste lugredery van Colombia en die tweede grootse in Suid-Amerika. Avianca is 'n Spaanse afkorting vir Aerovías del Continente Americano SA, wat beteken: Lugredery van die kontinentale Amerikas, Bpk. Hulle hoofkantoor is in Columbia se hoofstad, Bogotá geleë. Dit is een van die oudste lugrederye ter wêreld
- Vlag van Frankryk
- Die nasionale vlag van Frankryk is op 15 Februarie 1794 vir die eerste keer amptelik aanvaar. Die vlag vertoon drie ewe wye vertikale bane in blou, wit en rooi. Die vlag se verhouding is “2:3”. Die Franse driekleur is een van die invloedrykste vlae in die geskiedenis met die driekleurskema wat deur talle ander volkere in Europa en die res van die wêreld aangeneem is, en, volgens die Encyclopædia Britannica, het dit histories “in simboliese teenstand teen die outokratiese en kerklike koninklike
- Administratiefreg
- Administratiefreg dek 'n baie wye veld en is soms moeilik omskryfbaar. Dit behels gewoonlik die optrede van die uitvoerende gesag van 'n staat.
Dit is al die reëls wat aan regsubjekte die bevoegdheid verleen om op te tree. Dit skryf verder ook die prosedures voor hoe opgetree moet word en verseker dat derglike optredes binne perke is
- Wêreldposunie
- Wêreldposunie is 'n internasionale organisasie wat die posbeleid van sy lidstate en sodoende ook die beleid vir die internasionale poswese koördineer. Elkeen van die lidstate stem saam om dieselfde bepalings ten opsigte van die internasionale posverkeer te volg. Die Wêreldposunie het sy hoofkwartier in die Switserse hoofstad Bern
- Joernalistiek
- Joernalistiek is die werk van 'n joernalis as bydraer tot die media of dikwels ook as ander medewerker aan 'n joernalistieke medium
- Byvoeglike naamwoord
- 'n Byvoeglike naamwoord is 'n woord wat behoort aan 'n klas waarvan die lede selfstandige naamwoorde en voornaamwoorde aanpas. 'n Byvoeglike naamwoord spesifiseer naamlik eienskappe of attribute van 'n selfstandige naamwoord of voornaamwoord. Byvoeglike naamwoorde is een van die agt tradisionele woordsoorte. Taalkundiges onderskei egter vandag tussen byvoeglike naamwoorde en woorde soos bepalers wat te vore as byvoeglike naamwoorde gesien is
- Shkval
- Die Shkval is 'n produkreeks torpedo’s ontwikkel in die 1960's in opdrag van die Sowjetunie se vloot. Dit is die vinnigste torpedo ter wêreld