2011 Top Ten of Conflict for Philosophy

Jin en jang
Jin en jang stel die skeppende krag in die heelal voor wat altyd volkome gebalanseerd moet wees sodat kosmiese energievloei kan plaasvind. Jin is die vroulike of negatiewe pool wat swart, koud en stadig is. Jang is die manlike of positiewe pool wat wit, warm en vinnig is. Die jin-en-jang-simbool dui daarop dat jin voortdurend verander in jang, en jang verander weer voortdurend in jin. Hierdie dubbelsinnige lewensbeskouing van jin en jang vorm die basis van die Chinese filosofie wat vervat is in die boek
Kennisleer
Kennisleer is 'n vertakking van die filosofie en behels die studie van die teorie van die oorsprong, die aard, die metodes en die grense van kennis. Dit hou verband met die beginsels waarvolgens onderskei kan word tussen dit wat waar en onwaar is, en dui ook die moontlike grense aan vir ons vermoë om te dink, waar te neem, en te verstaan. Dit word dikwels gekontrasteer met ontologie
Gemeenskap van praktyk
'n Gemeenskap van praktyk (GvP) is 'n groep spesialiste wat belangstel in 'n spesifieke terrein en wat hoofsaaklik op informele wyse inligting uitruil. Geargiveer 27 Oktober 2007 op Wayback Machine. Die groep skep gemeenskaplike kundigheidsprodukte wat menigmaal elektronies beskikbaar is
Demokrasie
Demokrasie is 'n regeringsvorm gekenmerk deur gereelde en vrye verkiesings waaraan meer as een party kan deelneem, verskanste burgerregte en vrye media. Die woord het sy oorsprong uit die Griekse δημοκρατíα, wat bestaan uit δημος, κρατειν en die agtervoegsel íα. Dit beteken dus "regering deur die mense
Rassisme
Rassisme of rassediskriminasie dui op die sosiale, ekonomiese of politiese diskriminasie teenoor 'n persoon gebaseer op ras en/of velkleur. Dit dui nie noodwendig op die haat van een ras teenoor 'n ander nie, maar die uitsluiting of weiering van sekere regte en voorregte, soos destyds toegepas deur die apartheidsregering van Suid-Afrika en die Jim Crow-wette in die VSA
Kleptokrasie
Kleptokrasie kom van die Griekse klepto (steel) en kratein (regeer), en beteken dus "regering deur diewe". In teenstelling tot byvoorbeeld demokrasie is dit nie 'n staatsvorm nie; dit word slegs gebruik as pejoratiewe term om (vermeende) selfverrykende regerings en lande aan te dui
Yijing
Die Yijing, of Boek van veranderinge, is van Chinese oorsprong en het 'n drastiese invloed op die Chinese kulturele geskiedenis gehad. Die meer korrekte vertaling van "verandering" is "probleme", oftewel "ontwrigtende verandering". Die boek help iemand om in balans met die natuur te kom deur 'n verandering te bestuur. In teenstelling met hedendaagse boeke is die Yijing nie 'n boek wat van voor tot agter gelees kan word nie. Dit word beskou as verteenwoordigend van 'n wysgeer waarmee daar in gesprek getree
Libertynisme
Libertynisme is 'n politiese filosofie wat individuele regte en 'n beperkte regering voorstaan. Libertyne glo dat individue vry moet wees om enigiets te doen soos hulle goed dink, solank as dit wat hulle doen nie inbreuk maak op die gelyke regte van ander nie. In hierdie verband stem hulle saam met baie ander moderne politieke ideologieë. Die verskil kom voor in die definisie van "regte". Vir libertyne bestaan daar geen "positiewe regte" nie, slegs "negatiewe regte". Libertyne glo verder dat die enigste
Monargie
Monargie is 'n regeringstelsel of staatsvorm waar die staatshoof gebruiklik lewenslang 'n posisie beklee. Die posisie is gewoonlik oorerflik, dit wil sê dat opvolgers aan dieselfde familie behoort. Voorbeelde van lande wat 'n monargiese stelsel het is die Verenigde Koninkryk, België, Nederland, Japan, Lesotho, eSwatini, Australië, Kanada, Nieu-Seeland en vele andere
Filosofie
Filosofie of wysbegeerte is 'n vakgebied wat die kennis van, en insig in 'n verskeidenheid fundamentele sake najaag, soos byvoorbeeld realiteit, kennis, betekenis, waarde, bestaan en waarheid. In omgangstaal word die term filosofie baie keer gebruik om te dui op 'n ingesteldheid, uitgangspunt of lewensbeskouing. Hierdie artikel handel eerder oor filosofie as 'n akademiese vakgebied