2011 Top Ten of Conflict for Nature

Water
Water is 'n smaaklose, kleurlose stof in sy suiwer vorm wat noodsaaklik is vir alle bekende vorme van lewe en is ook bekend as die mees gebruikte oplosmiddel. Water kom in oorvloed op Aarde voor. Dit bestaan op baie plekke en vorme: meestal in die oseane en by die pole, maar ook in wolke, reënwater, riviere, mere, damme en ander waterdraende formasies. Water beweeg voortdurend deur 'n siklus wat verdamping, neerslag en afloop na die see insluit
Radioaktiwiteit
Radioaktiwiteit kom oral voor en het nog altyd bestaan. Radioaktiewe minerale wat natuurlik voorkom, is aanwesig in die aardkors, binne die vloere en mure van mense se huise, skole of kantore, en in die voedsel wat deur alle lewende wesens ingeneem word. Selfs die atmosfeer bevat radioaktiewe gasse. Die menslike liggaam bevat ook natuurlike radioaktiewe elemente in die spiere, bene en ander weefsels. Die mens is nog altyd aan natuurlike straling – vanuit die aarde, sowel as van buite – blootgestel. Oor
Fobos (maan)
Fobos is die grootste en naaste van die twee mane van die planeet Mars, die ander is Deimos. Dit is vernoem na Fobos, 'n seun van Ares (Mars) en Afrodite in die Griekse mitologie, wat "angs" of "paniek" beteken. Fobos se wentelbaan is die naaste van enige ander maan van 'n planeet in die sonnestelsel, minder as 6000 km bo die oppervlak van Mars. Dit is ook een van die kleiner mane in die sonnestelsel
Aarde
Die Aarde is die derde naaste planeet aan die Son. Dit is die vyfde grootste planeet in die Sonnestelsel en die grootste rotsplaneet wat deursnee, massa en digtheid betref. Die Aarde is die tuiste van miljoene spesies, waaronder die mens, en is die enigste plek in die heelal waar sover bekend lewe bestaan. Die planeet het 4,54 miljard jaar gelede ontstaan en lewe het binne die volgende miljard jaar op sy oppervlak verskyn. Dit het die Aarde se atmosfeer en oppervlak beïnvloed, wat weer gelei het tot die
Tsoenami
'n Tsoenami, 'n tipe vloedgolf, is 'n reeks golwe wat in 'n watermassa veroorsaak word deur 'n puls of skielike versteuring wat 'n waterkolom vertikaal verplaas. Aardbewings, aard- of grondverskuiwings, vulkaniese uitbarstings, ontploffings en die impak van buiteaardse liggame soos meteoriete kan 'n vloedgolf veroorsaak. Tsoenami's kan kuslyne 'n geweldige slag toedien en verpletterende skade aan eiendom, beserings en lewensverlies deur besering of verdrinking veroorsaak
Mars
Mars is die vierde planeet van die Son af in ons Sonnestelsel. Die planeet is genoem na Mars, die Romeinse god van oorlog. Daar word ook na Mars as die "Rooi Planeet" verwys, aangesien dit van die Aarde af rooierig lyk
Jupiter
Jupiter is die vyfde planeet van die Son af en die grootste in die Sonnestelsel. Dit is 'n gasreus met 'n massa van meer as twee en 'n half keer dié van al die ander planete in die Sonnestelsel saam, maar effens kleiner as 'n duisendste van die Son se massa. Jupiter is die helderste natuurlike voorwerp in die Aarde se naglug naas die Maan en Venus, en dit word reeds sedert die voorgeskiedenis waargeneem. Dit is genoem na die Romeinse god Jupiter, die koning van die gode
Evolusie
In biologie is evolusie die proses waardeur nuwe trekke in bevolkings ontwikkel en dié dan voortgedra word van geslag tot geslag. Met die verloop van duisende jare het die proses nuwe spesies ontwikkel, tot vandag se 1 562 663 spesies. Die filogenetiese "boom" op die regterkant toon die oorspronklike gemeenskaplike stam van, en latere verhoudings tussen die drie hoofdomeine van lewende wesens aan
Wetenskaplike metode
Die wetenskaplike metode is 'n sistematiese manier om kennis te versamel. Dit is gegrond op waarnemings, metings, voorspellinge, eksperimente, bevestiging en weerlegging
Koper
Koper is 'n chemiese element in die periodieke tabel met die simbool Cu en atoomgetal van 29