2011 Top Ten of Conflict for Geography
- Podolsk
- Podolsk is 'n nywerheidstad in die Russiese Moskou-oblast, sowat 40 km suid van Moskou. Die stad dien as die administratiewe hoofstad van die rajon Podolsk. Podolsk, wat aan die Pachra-rivier geleë is, is die grootste nedersetting in die Moskou-oblast met 'n bevolking van 218 537 (2014
- Belarus
- Belarus, amptelik die Republiek Belarus en voorheen bekend as Wit-Rusland, is 'n landingeslote land in Oos-Europa. Dit is oorwegend plat, met baie vleilande, en is landgebonde met Rusland in die noorde en ooste, Oekraïne in die suide, Pole in die weste en Letland en Litaue in die noorde. Minsk is die hoofstad en ook die grootste stad in die land. 'n Derde van die land is bebos en landbou is een van die sterkste ekonomiese sektore
- New York
- New York of Nieu-York, amptelik City of New York, geleë in die deelstaat New York, is die stad met die grootste bevolking in die Verenigde State. Dit is ook die mees dig bevolkte van die groter stede in Noord-Amerika
- Libië
- Libië, amptelik die Staat Libië, is 'n land in Noord-Afrika. Libië is geleë tussen Egipte in die ooste, Soedan in die suidooste, Tsjad en Niger in die suide en Algerië en Tunisië in die weste. Met 'n oppervlakte van 1,8 miljoen km² is Libië die vierde grootste land in Afrika. Libië se hoofstad, Tripoli, is die tuiste van 1,7 miljoen van die land se totale bevolking van 5,7 miljoen mense. Libië het die tiende grootste bewese oliereserwes van enige land ter wêreld. Die drie tradisionele dele van
- Rusland
- Rusland, amptelik die Russiese Federasie, is 'n land wat gedeeltelik in Europa en gedeeltelik in Asië lê. Die land lê egter vanuit 'n politieke oogpunt in Europa omdat die belangrikste deel, ook die hoofstad, Moskou, Europees is en sowat 70 persent van die bevolking daar woon
- Montenegro
- Montenegro is 'n land geleë in Suidoos-Europa en op die Balkanskiereiland. Dit het 'n kus aan die Adriatiese See in die suide en begrens Kroasië in die weste, Bosnië en Herzegowina in die noordweste, Serwië in die noordooste en Albanië in die suidooste. Die hoofstad en grootste is Podgorica en Cetinje word in die grondwet as ou koninklike hoofstad erken. Dit is 'n voormalige deelrepubliek van Joego-Slawië
- Madagaskar
- Madagaskar, amptelik die Republiek Madagaskar, is ’n eilandstaat in Afrika sowat 400 km oos van die Mosambiekse kus. Dit is die grootste eilandstaat in die Indiese Oseaan en naas Indonesië die grootste ter wêreld. Teen sowat ’n halfmiljoen vierkante kilometer is die eiland so groot soos Frankryk, sy voormalige koloniseerder. Die hoofstad en grootste stad is Antananarivo, wat in die middel van die land geleë is
- Duitsland
- Duitsland, amptelik die Bondsrepubliek Duitsland, is in die sentrum van Europa geleë en vervul in baie opsigte 'n brugfunksie tussen Wes-Europa en die lande van Sentraal- en Oos-Europa
- Portugal
- Portugal, amptelik die Portugese Republiek, is 'n demokratiese republiek geleë in die suidwestelike hoek van Europa op die Iberiese Skiereiland waarvan dit sowat 'n sesde beslaan. Portugal word begrens deur Spanje in die noorde en ooste, met 'n gemeenskaplike grens wat oor 'n afstand van sowat 1 300 km loop, en deur die Atlantiese Oseaan in die weste en suide. Wes van die hoofstad Lissabon lê Cabo da Roca, die mees westelike punt van die Europese vasteland. Ook die Asore- en Madeira-eilandgroepe maak
- Ivoorkus
- Ivoorkus of Côte d'Ivoire, amptelik die Republiek Ivoorkus of Republiek Côte d'Ivoire, is 'n land in Wes-Afrika. Dit grens aan Liberië, Guinee, Mali, Burkina Faso, en Ghana in die weste, noorde en ooste, en grens aan die Golf van Guinee in die suide. Ivoorkus is een van die mees welvarende lande van die tropiese Wes-Afrikaanse lande. Die land se ekonomiese ontwikkeling is deur politiese onrus veroorsaak deur amptelike korrupsie en weiering om noodsaaklike hervormings te implementeer, ondergrawe