2011 Top Ten of Conflict for Culture

Fidjiaanse Hindi
Fidjiaanse Hindi is 'n Indo-Ariese taal wat deur mense van Indiese oorsprong wat in Fidji woon gepraat word. Dit is baie anders as die standaard Hindi wat in Indië gepraat word en die taalkundige verhouding tussen die twee tale is soortgelyk aan dié tussen Nederlands en Afrikaans. Die taal het uit die Oos-Hindi-dialekte Awadhi en Bhojpuri ontstaan, met verskeie Engelse en Fidjiaanse leenwoorde. Dit is nou verwant aan Karibiese Hindoestani en die Hindoestani-variëteite van beide Mauritius en Suid-Afrika
The Lion King
The Lion King is 'n bekende geanimeerde musikale dramafilm. Die verhaal speel af in 'n koninkryk van leeus in Afrika en is beïnvloed deur die Bybelse verhale van Josef en Moses, en William Shakespeare se Hamlet. Dit is vervaardig in 1994
Wikipedia
Wikipedia is 'n veeltalige "kopielinkse" ensiklopedie ontwerp om deur enigiemand gelees, verbeter en uitgebrei te word. Dit berus op samewerkende verandering en onderhoud deur duisende gebruikers deur middel van wiki-sagteware, en word verskaf en ondersteun deur die nie-winsgewende Wikimedia-stigting. Waarnemers beskou die tweeledige bestuur, waarin 'n informele gemeenskap van aktiewe gebruikers die gesag oor 'n globale digitale projek met 'n stigting deel en sodoende formele met informele
Naaktheid
Naaktheid of om naak te wees verwys daarna om geen klere aan te hê nie. Dit kan ook in sekere kulture of omstandighede daarna verwys dat bepaalde liggaamsdele onbedek is. Dit word ook soms gebruik wanneer 'n persoon minder klere aan het as wat onder die omstandighede vanpas sou wees
Real Club Deportivo Carabanchel
Real Club Deportivo Carabanchel is 'n Spaanse sokkerklub in die historiese distrik Carabanchel in die stad van Madrid, Spanje. Bestaande toerusting is die derde oudste in die hoofstad, na Real Madrid en Atlético de Madrid, en die dertiende van Spanje
Azerbeidjans
Azerbeidjans of Azeri, ook bekend as Azerbeidjanse Turkies is 'n Suidwes-Turkiese taal wat deur tussen twintig en dertig miljoen mense in Azerbeidjan, Iran, Rusland, Turkye, Georgië, Armenië, Irak en Sirië gepraat word. Dit is die amptelike taal in die Republiek van Azerbeidjan en naas Russies een van die amptelike tale van die Russiese Republiek van Dagestan. Azerbeidjans is die mees verspreide inheemse taal van die Kaukasus-streek
NRK
Norsk rikskringkasting AS, wat gewoonlik onder die afkorting NRK bekend staan, is 'n staatsbeheerde Noorse uitsaaikorporasie wat naas televisie- en radioprogramme ook inhoude vir nuwe media soos internettelevisie aanbied. NRK fungeer net soos die Britse BBC, die Sweedse SVT, die Duitse ARD en ZDF en die Suid-Afrikaanse SAUK as 'n publieke uitsaaikorporasie en is 'n lid van die Europese Uitsaaiunie. NRK is die grootste mediamaatskappy in Noorweë. NRK het sy hoofkwartiere in Marienlyst (Oslo) en Tyholt
Gregoriaanse kalender
Die Gregoriaanse kalender, wat tans regoor die Westerse wêreld gebruik word, is 'n wysiging van die Juliaanse kalender. Dit is die eerste keer voorgestel deur die Napelse dokter Aloysius Lilius, en is op 24 Februarie 1582 deurgevoer deur pous Gregorius XIII
Opera
'n Opera is 'n toneelstuk met sang en orkesbegeleiding. Dikwels is die hele libretto getoonset om gesing te word, maar daar is talle uitsonderings van operas waar dele van die teks gesing word, terwyl ander dele gespreek word. Die geskiedenis van opera beslaan reeds meer as 400 jaar, met die gevolg dat 'n groot verskeidenheid vorme en style hierdie genre van musiek kenmerk. Die musiek van 'n opera kan bestaan uit 'n overture, resitatiewe, arias, ensembles, kore en ballette. Onder die sub-genres wat deel
Hardloop
Hardloop is die vinnigste manier van voortbeweging vir diere met bene, insluitende mense