2010 Top Ten of Polemic for Technology
- GNU-lisensie vir vrye dokumentasie
- Die GNU Vrye Dokumentlisensie is 'n kopielinkse lisensie vir vrye dokumentasie wat deur die Stigting vir Vrye Sagteware ontwerp is. Die lisensie is soortgelyk aan die GNU Algemene Publieke Lisensie en gee lesers die reg om die werk te kopieer, aan te pas en te versprei, maar vereis wel dat alle kopieë en afgeleide werke onder dieselfde lisensie beskikbaar gestel word. Kopieë mag ook verkoop word, maar indien die werk in groot hoeveelhede versprei word, moet die oorspronklike werk of bronkode ook
- Sun Microsystems
- Sun Microsystems was 'n rekenaarmaatskappy wat wêreldwyd sake gedoen het. Hulle hoofkantoor was in Santa Clara, Kalifornië, VSA geleë. Hulle was op 'n stadium een van die grootste rekenaarmaatskappye ter wêreld. In 2007 het Sun 33 900 werknemers gehad wat oor 170 lande werksaam was. Op 20 April 2009 het Sun Microsystems aangekondig dat hulle ingestem het dat Oracle hulle uitkoop
- Internet
- Die Internet is ’n wêreldwye stelsel van rekenaarnetwerke wat met mekaar verbind is en data uitruil met behulp van die gestandaardiseerde TCP/IP-protokolsuite. Dis ’n netwerk van miljoene privaat en openbare rekenaars van akademiese, regerings- en sakenetwerke wat verbind word deur optiese vesel- en koperkabels of verskillende soorte kabellose verbindings
- Google Chrome
- Google Chrome is 'n oopbron webblaaier wat deur Google ontwikkel word en ten doel het om 'n veiliger, vinniger, en meer gebruikersvriendelike webblaaier daar te stel wat gevorderde webtoepassings kan ondersteun
- Lamp
- 'n Lamp is 'n voorwerp wat lig skep en sodoende mense minder afhanklik van sonlig maak. Hierdie onafhanklikheid begin reeds duisende jare gelede met die olielamp en versnel aan die einde van die 19de eeue met die uitvinding van die gloeilamp. Die woord "lamp" kom van "Lampus", een van Eos (mitologie), die Griekse godin van die lig, se perde
- Oopbroninhoud
- Opebroninhoud is enige skeppende werk, insluitende artikels, prente, luister- en kykmateriaal, wat gepubliseer word in ’n formaat wat eksplisiet toelaat dat die materiaal gepubliseer en herversprei mag word. Die inhoud kan in die publieke domein val of aan ’n ander lisensie soos die GNU/FDL-lisensie onderworpe wees
- Binêre getallestelsel
- 'n Binêre getallestelsel is enige getallestelsel wat geënkodeer word as 'n reeks binêre syfers. Dié syfers word gewoonlik voorgestel as 1 ('waar') en 0 ('vals'), alhoewel dit suiwer uit konvensie is en daar ander konvensies is wat dié waardes omruil of heeltemal anders voorstel. Binêre getallestelsels is uitstekend gepas vir digitale gebruike, en feitlik elke rekenaarstelsel maak gebruik daarvan
- Siviele ingenieurswese
- In die moderne sin is siviele ingenieurswese 'n breë veld van ingenieurswese wat te doen het met beplanning, ontwerp, konstruksie en instandhouding van vaste strukture soos dit betrekking het met grond, water of beskawing en hulle prosesse. Meeste siviele ingenieurswese vandag het te doen met paaie, strukture, watervoorsiening, riool, vloedbeskerming en verkeer
- Jugene
- JUGENE was 'n superrekenaar van die tipe BlueGene/P in die Navorsingsentrum Jülich (Duitsland) en die opvolger van die JUBL, wat ook daar bedryf was. Die rekenaar behoort aan die Instituut "Jülich Supercomputing Centre" (JSC) en aan die virtuele Gauss Centre for Supercomputing
- PuTTY
- PuTTY is 'n vrye telnet- en SSH-kliënt. Die sagteware stel gebruikers in staat om met 'n ander rekenaar verbind te word, meestal 'n bediener wat 'n UNIX-gebaseerde bedryfstelsel loop. PuTTY is 'n vervanging vir die verouderde terminaal, 'n dom masjien wat voor die bekendstelling van die Persoonlike rekenaar gebruik was om met 'n bediener te koppel