2010 Top Ten of Polemic for Health

Runderpes
Runderpes is ’n akute en hoogsaansteeklike virussiekte onder beeste. Dit het reeds tot groot veevrektes in die wêreld gelei. Geen groter ramp het die wildlewe in Suider-Afrika ooit getref nie
Trageotomie
'n Trageotomie of 'n lugpypsny is 'n mediese ingreep wat 'n buisie of trageakanule in die lugpyp of tragea bring. Dit word toegepas in noodgevalle wanneer die pasiënt nie meer in staat is om deur die neus of mond te asem nie
Vigs
Verworwe immuniteitsgebreksindroom (vigs), as gevolg van 'n besmetting met die menslike immuniteitsgebreksvirus (MIV), is 'n sindroom wat die immuunstelsel aanval en geleidelik vernietig. Pasiënte met 'n verswakte immuunstelsel is uiters vatbaar vir sekondêre infeksies, en 'n bepaalde kombinasie van hierdie infeksies word as die sindroom vigs gedefinieer
Bensodiasepien
Die bensodiasepiene is 'n klas van psigotrope geneesmiddels met angsverligtende, spierverslappende, hipnotiese en antikonvulsiewe eienskappe. Dit word dikwels gebruik vir die korttermynverligting van erge angs of slaaploosheid. Langtermyngebruik kan geneesmiddelafhanklikheid tot gevolg hê. Dit word vermoed dat die bensodiasepiene werk op die GABA reseptorgroep. Die aktivering van dié neuroreseptor lei tot die onderdrukking van die hoër geestelike funksies. Sedert die laat 1960’s en 1970’s het
Geelkoors
Geelkoors is 'n ongeneeslike virusinfeksie wat aanleiding gee tot hoë koors, geelsug en, in ernstige gevalle, bloeding uit die slymvliese en "swart braking". Toe die virus vir die eerste keer vanaf slaweskepe deur hawens in Europa en Amerika begin versprei het, het dit verwoestende epidemies met 'n hoë sterftesyfer veroorsaak
Fluoridering
Fluoridering of fluoridasie is die byvoeging van fluoried (fluoorsoute) by drinkwater, kos en kosmetika soos tandepasta om tandbederf te help voorkom. Fluoor is 'n spoorelement in grond, water en groente, maar word – anders as byvoorbeeld yster, sink en jodium – nie onder die noodsaaklike spoorelemente vir die menslike liggaam gereken nie, al is fluoried, 'n fluoorverbinding, een van die normale bestanddele van beenweefsel, waaronder ook tande. Daar kan dus nouliks sprake wees van 'n fluoriedtekort in
Sigaret
'n Sigaret is 'n produk waarmee tabak wat in 'n dun papier toegerol is, gerook word. Die meeste sigarette bevat 'n "gerekonstitueerde tabak" -produk, bekend as "laken", wat bestaan uit herwinde tabakstingels, stukkies en versamelstof, waaraan gom, chemikalieë en vullers gevoeg word; die produk word dan met nikotien gespuit wat uit die tabakstukkies onttrek is en in krulle gevorm is
Sifilis
Sifilis is 'n seksueel oordraagbare infeksie wat veroorsaak word deur die bakterieë Treponema pallidum. Die siekte kom slegs voor by mense. Jaarliks kry ongeveer 11 miljoen mense die siekte
Ejakulasie
Ejakulasie is die proses van die uitspuit van semen vanuit die penis. Dit gaan gewoonlik gepaard met ’n orgasme, wat weer teweeggebring word deur seksuele prikkeling. Seksuele prikkeling lei egter nie altyd tot ejakulasie nie. Ejakulasie kan ook voorkom gedurende die vinnigeoogbewegingsfase van slaap vanweë seksuele drome. Andersins gebeur dit soms tydens die massering van die prostaat. In skaars gevalle kan dit die gevolg van ’n siektetoestand van die prostaat wees. Ejakulasie word meestal
Alzheimersiekte
Alzheimersiekte is 'n progressiewe neurodegeneratiewe siekte met kenmerkende kliniese en patologiese tekens