2010 Top Ten of Polemic for Geography

Pretoriabrug
Die Pretoriabrug is 'n hefbrug in Ottawa, Kanada. Dit oorspan die Rideaukanaal wat die Glebe en Centrewon na Old Ottawa East verbind. Die brug is in 1925 gebou toe dit 'n vroeër hout swaaibrug vervang het op Argylestraat net noord van die ou brug. Dit is 'n hefbrug, wat beteken dat die sentrale deel van die brug gelig kan word om bote onderdeur te laat
Volksraad van Suid-Afrika
Die Volksraad van Suid-Afrika was die laerhuis van die parlement van Suid-Afrika van 1910 tot 1981, die enigste parlementêre kamer tussen 1981 en 1984, en eindelik die wit verteenwoordigende huis van die Driekamerparlement van 1984 tot April 1994, toe dit vervang is deur die huidige Nasionale Vergadering
Deneysville
Deneysville is 'n dorp in die noordooste van die Vrystaat, langs die Vaaldam. Die dorp is 24 km vanaf Sasolburg
Taconic-berge
Die Taconic-berge is 'n bergreeks in Nieu-Engeland, wat deel uitmaak van die Appalache en langs die oosgrens van die Amerikaanse deelstaat New York loop. Die bergreeks strek tot in die suidweste van Vermont, Connecticut, die weste van Massachusetts en Suidwes-Vermont
Kuranda Skyrail
Die Kuranda Skyrail is 'n gondel-kabelspoor wat bo-oor die Barron Gorge Nasionale Park loop. Dit begin by die voorstad Caravonica in Cairns, Australië, en loop tot by Kuranda. Die ontwikkeling van die kabelspoor was in omstredenheid gehul omdat baie inwoners geglo het dat die kabelspoor skade aan die wêrelderfenisreënwoud kon aanrig
Negerhollands
Negerhollands is 'n Zeeuwse kreooltaal wat op die Deense Wes-Indië, wat nou as die Amerikaanse Maagde-eilande bekendstaan, gepraat is. Nederlands was die basis daarvan met invloede uit Deens, Engels, Frans, Spaans en Afrika-tale
Sasolburg
Sasolburg is 'n groot dorp in die Noord-Vrystaat en ook deel van die Vaaldriehoek. Die dorp is slegs 5 km suid van die Vaalrivier. Omringende dorpe sluit ook in: Oranjeville, Deneysville, Heilbron, Parys en Vredefort
Madison
Madison is die hoofstad van Wisconsin, 'n deelstaat van die Verenigde State. Dit is geleë in Dane County
Afrika
Afrika is die wêreld se tweede grootste kontinent in sowel oppervlakte as bevolking. Saam met die eilande beslaan dit ongeveer 30 221 532 km² wat 20,3% van die totale landoppervlakte van die aarde is en dit word bewoon deur meer as 1 miljard mense – ongeveer 'n sewende van die wêreldbevolking
Avenue des Champs-Élysées
Die Avenue des Champs-Élysées [avəˌnydeˌʃɑ̃zeliˈze] in Parys, dikwels kort Champs-Élysées of, in die omgangstaal, ook Les Champs genoem, is 'n belangrike straat in Parys wat na die Arc de Triomphe lei, vol duur winkels en straatkafees. Dit is een van die bekendste en mees gesogte praglane ter wêreld. Die laan is in die 8ste Arrondissement in die noordweste van die Franse hoofstad geleë en loop tussen die pleine Place de la Concorde en Place Charles de Gaulle