2010 Top Ten of Conflict for Technology
- Sun Microsystems
- Sun Microsystems was 'n rekenaarmaatskappy wat wêreldwyd sake gedoen het. Hulle hoofkantoor was in Santa Clara, Kalifornië, VSA geleë. Hulle was op 'n stadium een van die grootste rekenaarmaatskappye ter wêreld. In 2007 het Sun 33 900 werknemers gehad wat oor 170 lande werksaam was. Op 20 April 2009 het Sun Microsystems aangekondig dat hulle ingestem het dat Oracle hulle uitkoop
- Internet
- Die Internet is ’n wêreldwye stelsel van rekenaarnetwerke wat met mekaar verbind is en data uitruil met behulp van die gestandaardiseerde TCP/IP-protokolsuite. Dis ’n netwerk van miljoene privaat en openbare rekenaars van akademiese, regerings- en sakenetwerke wat verbind word deur optiese vesel- en koperkabels of verskillende soorte kabellose verbindings
- GNU-lisensie vir vrye dokumentasie
- Die GNU Vrye Dokumentlisensie is 'n kopielinkse lisensie vir vrye dokumentasie wat deur die Stigting vir Vrye Sagteware ontwerp is. Die lisensie is soortgelyk aan die GNU Algemene Publieke Lisensie en gee lesers die reg om die werk te kopieer, aan te pas en te versprei, maar vereis wel dat alle kopieë en afgeleide werke onder dieselfde lisensie beskikbaar gestel word. Kopieë mag ook verkoop word, maar indien die werk in groot hoeveelhede versprei word, moet die oorspronklike werk of bronkode ook
- Google Chrome
- Google Chrome is 'n oopbron webblaaier wat deur Google ontwikkel word en ten doel het om 'n veiliger, vinniger, en meer gebruikersvriendelike webblaaier daar te stel wat gevorderde webtoepassings kan ondersteun
- Skynprivaatnetwerk
- 'n Skynprivaatnetwerk (SPN) is 'n private kommunikasienetwerk wat dikwels deur maatskappye of organisasies benut word om vertroulik oor 'n openbare toeganklike netwerk te kommunikeer. Die boodskapverkeer van 'n SPN kan oor die openbare netwerkinfrastruktuur gedra word. Versleuteling is 'n algemene, hoewel nie 'n inherente deel van 'n SPN-verbinding nie
- YouTube
- YouTube is 'n webwerf wat gebruikers in staat stel om video's op te laai, koers, kommentaar, deel, en na ander opgelaaide video's te kyk. Die webwerf behels films, musiek videos, nuus, opvoedkundige programme, sowel as video blogs, skyfievertonings, humoristiese video's, en nog baie meer te kyk. YouTube is tans die grootste video webwerf op die Internet
- MS-DOS
- MS-DOS was een van die eerste bedryfstelsels vir persoonlike rekenaars
- Laserskyf
- 'n Laserskyf of kompakskyf is 'n plat, ronde skyf wat gebruik word om data, musiek- of video-opnames daarop te stoor. Die deursnee van 'n normale laserskyf is 120 mm, en die gaatjie in die middel is omtrent 15 mm in deursnee
- Mozilla Firefox
- Mozilla Firefox is 'n vrye kruis-platform-webblaaier wat deur die Mozilla-stigting en honderde vrywilligers ontwikkel word. Dit is meer as vyf miljoen keer in die eerste 12 dae ná die vrystelling van weergawe 1.0 afgelaai, en meer as 20 miljoen keer in minder as 11 weke daarna. Dit maak Firefox een van die mees populêre, gratis oopbronprogramme, veral onder tuisgebruikers
- ADSL
- ADSL is 'n standaard vir 'n digitale tegnologie vir snelle datakommunikasie oor 'n telefoonlyn van koperdraad