2010 Top Ten of Conflict for Society
- WikiLeaks
- WikiLeaks is 'n internasionale organisasie sonder winsbejag wat voorgelegde dokumente publiseer wat andersins nie bekombaar sou wees nie vanaf anonieme bronne. Die klikwerf is in 2006 van stapel gestuur en word deur The Sunshine Press bestuur. Binne 'n jaar sedert die bekendstelling van die werf is daar aanspraak gemaak op 'n databasis van meer as 1,2 miljoen dokumente. Die organisasie is skynbaar gestig deur Sjinese afvalliges, sowel as joernaliste, wiskundiges en tegnoloë uit die V.S.A, Taiwan, Europa
- IBM
- IBM is 'n groot Amerikaanse maatskappy wat sagteware en rekenaarhardeware vervaardig en verkoop. Hulle lewer ook rekenaarverwante ondersteuning en konsultasiedienste. IBM is die grootste Inligtingstegnologie-maatskappy ter wêreld en het vir baie jare die meeste patente van enige tegnologiemaatskappy gehou
- Europese Unie
- Die Europese Unie (EU) is 'n internasionale organisasie van 27 Europese lande met politiese, ekonomiese en geregtelike samewerkingsooreenkomste. Die EU is in 1992 gestig deur die Verdrag van die Europese Unie en is die de facto opvolger van die ses-ledige Europese Ekonomiese Gemeenskap wat in 1957 gestig is
- Britse Statebond
- Die Statebond is 'n vrywillige vereniging van 56 onafhanklike, soewereine lande, wat uit die Verenigde Koninkryk en, meestal, sy voormalige kolonies bestaan
- Windows Live Messenger
- Windows Live Messenger is 'n kitsboodskapkliënt wat deur Microsoft geskep is en ontwikkel word en wat ontwerp is om op die bedryfstelsels Windows XP, Windows Vista, Windows 7, Windows Server 2003, Windows Server 2008, en Windows Mobile te werk. Die kliënt is sedert 2005 deel van Microsoft se Windows Live-stel aanlyndienste. Dit verbind aan Microsoft se .NET Messenger Service. Die kliënt is die eerste as MSN Messenger op 22 Julie 1999 geloods en as Windows Live Messenger op 13 Desember 2005. Meer as 300
- Kinderarbeid
- Sommige arbeid kan baie voordelig vir 'n kind se ontwikkeling wees. Dit kan 'n kind leer om verantwoordelikheid te aanvaar en dit ontwikkel sekere vaardighede wat hom vir die res van sy lewe tot hulp sal wees
- Kip (munteenheid)
- Die Laos Kip is vanaf 1952 die geldeenheid van Laos. Dit is een van die enigste geldeenhede in die wêreld waar geen laer denominasies bestaan nie
- Groep van 20
- Die Groep van die 20 voorste nywerheids- en ontwikkelende lande (G-20) is 'n informele vereniging wat uit die Europese Unie en 19 ander lidstate bestaan. Suid-Afrika is die enigste lid op die vasteland van Afrika. Die Groep van 20 is as 'n belangrike internasionale forum, ten opsigte van samewerking en wedersydse raadpleging en konsultasie in verband met kwessies wat die internasionale finansiële stelsel raak, gestig
- Organiese landbou
- Die terme organiese of biologiese landbou verwys na boerderypraktyke waarby graan, vrugte, vleis en ander agrariese produkte op die basis van natuurlike en volhoubare metodes en met gebruikmaking van kennis uit vakgebiede soos ekologie en omgewingsbewaring geproduseer word. Organiese boerderye gebruik slegs natuurlike dier- en plantprodukte as bemesting, terwyl chemikalieë soos sintetiese plaagdoders, kunsmis en sintetiese groeihormone net soos geentegnologie en voedselbestraling — in teenstelling met
- Werkwoord
- Werkwoorde word in die grammatika onderken as 'n klas van woorde wat die handeling (aksie) van 'n sin beskryf. Die werkwoord is die belangrikste woord in 'n sin en is daarom maklik om uit te ken. Tipiese werkwoorde is: eet, loop, praat, spring en ry. As voorbeeld, gegewe die sin: "Ek opdateer wikipedia.", is "opdateer" die werkwoord