2010 Top Ten of Conflict for Religion
- Sciëntologie
- Sciëntologie is 'n filosofies-religieuse beweging wat deur die Amerikaanse filosoof, ontdekkingsreisiger en wetenskapsfiksieskrywer L. Ron Hubbard (1911–1986) ontwikkel is en vir sy volgelinge na bewering 'n presiese pad wys wat hulle in staat stel om hul ware natuur as geestelike wesens en hul verhouding tot hulself, hul familie, ander groepe mense, die mensheid in sy geheel, alle lewensvorme, die materiële heelal, die spirituele heelal en die Opperste Wese of Oneindigheid te ontsleutel. Sciëntologie
- Islam
- Islam is een van die drie groot monoteïstiese godsdienste, saam met Christendom en Judaïsme. Volgelinge van Islam staan bekend as Moslems1
- Persefone
- Persefone of Persephonê was in die Griekse mitologie die verpersoonliking van die Aarde se vrugbaarheid en ook die godin van die onderwêreld. Sy was die dogter van Demeter alleen, of later van Demeter en Zeus. In die Olimpiese weergawe word sy die vrou van Hades
- Ware Jesuskerk
- Die Ware Jesuskerk is deel van die Pinksterkerke. Die Ware Jesuskerk het ontstaan in 1917 in Beijing, onder die Engelse naam. Hulle glo eerstens in die Bybel en dat alles wat daarin staan waar is; dat mens ná bekering na Christendom gedoop word en daarna in tale kan begin praat wanneer die Heilige Gees in hulle leef. Hulle glo nie net dat mense genees kan word wanneer daar vir hulle gebid word nie, maar dit is algemeen om genesings, en ander wonderwerke te ervaar
- Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
- Die Gereformeerde Kerke is 'n Christelike kerk in Suid-Afrika wat in 1859 in Rustenburg gestig is. Lede van die kerk word soms na verwys as Doppers. As een van die oudste kerkverbande onder die Afrikaners, word dit beskou as een van die Drie Susterkerke
- Hindoeïsme (eerste artikel)
- Hindoeïsme is die dominante religie in Indië, Nepal en van ongeveer 'n halfmiljoen mense van Indiese oorsprong in Suid-Afrika
- Klooster
- 'n Klooster is 'n gebouekompleks met woonvertrekke en werkplekke waarin mense – meestal monnike en nonne – hulle toewy aan 'n leefwyse wat van die wêreldlike sfeer afgesonder en heeltemal op die beoefening van 'n bepaalde godsdiens toegespits is
- Ateïsme
- Ateïsme is 'n filosofiese stroming met die fundamentele uitgangspunt dat daar geen god/gode anderkant die ervaarbare werklikheid, geen goddelike wêreldorde en geen geldige begrip van God bestaan nie
- Bybel
- Die Bybel is die heilige boek van Christendom, Judaïsme, Rastafarianisme en Samaritaïsme. Die Joodse Bybel of Tanag het 39 dele en vertel die verhaal van God se verhouding met die Joodse mense in antieke tye. Dié 39 dele is ook deel van die Christelike Bybel en word die Ou Testament genoem. Die Christelike Bybel het nog 27 dele, wat die Nuwe Testament genoem word. Daarin word die verhaal van Jesus vertel
- Boeddhisme
- Boeddhisme is ’n Dharmiese geloof of filosofie. Dit sluit ’n verskeidenheid tradisies, gelowe en spirituele gebruike in wat grootliks geskoei is op die leringe van Gautama Boeddha, algemeen bekend as die Boeddha