2010 Top Ten of Conflict for Philosophy
- Jin en jang
- Jin en jang stel die skeppende krag in die heelal voor wat altyd volkome gebalanseerd moet wees sodat kosmiese energievloei kan plaasvind. Jin is die vroulike of negatiewe pool wat swart, koud en stadig is. Jang is die manlike of positiewe pool wat wit, warm en vinnig is. Die jin-en-jang-simbool dui daarop dat jin voortdurend verander in jang, en jang verander weer voortdurend in jin. Hierdie dubbelsinnige lewensbeskouing van jin en jang vorm die basis van die Chinese filosofie wat vervat is in die boek
- Vryedenke
- Vryedenke is 'n eienskap van indiwidue wat hul opinies vorm op die basis van hoe hulle 'n onderwerp verstaan en nie op die voorskrifte van tradisie, gesag of gevestigde menings of geloof nie. Die definisie is veral van toepassing op die verwerping van godsdienstige dogma
- Lys van lande volgens regeringstipe
- Hierdie is 'n Lys van Lande gerangskik volgens regeringsvorm
- Republiek
- 'n Republiek, in die mees basiese sin, is 'n staat waarin soewereiniteit uiteindelik vanaf die mense afkomstig is, eerder as vanuit 'n oorerflike of ander beginsel
- Holisme
- Holisme is die idee dat al die eienskappe van 'n gegewe stelsel nie in terme van die onderliggende komponente alleen verduidelik kan word nie. Die stelsel as 'n geheel bepaal eerder op 'n belangrike wyse hoe die dele hulle gedra. Die algemene begrip van holisme is deur Aristoteles in die Metafisika opgesom: "Die geheel is meer as die som van sy onderdele" (1045a10
- Monargie
- Monargie is 'n regeringstelsel of staatsvorm waar die staatshoof gebruiklik lewenslang 'n posisie beklee. Die posisie is gewoonlik oorerflik, dit wil sê dat opvolgers aan dieselfde familie behoort. Voorbeelde van lande wat 'n monargiese stelsel het is die Verenigde Koninkryk, België, Nederland, Japan, Lesotho, eSwatini, Australië, Kanada, Nieu-Seeland en vele andere
- Filosofie
- Filosofie of wysbegeerte is 'n vakgebied wat die kennis van, en insig in 'n verskeidenheid fundamentele sake najaag, soos byvoorbeeld realiteit, kennis, betekenis, waarde, bestaan en waarheid. In omgangstaal word die term filosofie baie keer gebruik om te dui op 'n ingesteldheid, uitgangspunt of lewensbeskouing. Hierdie artikel handel eerder oor filosofie as 'n akademiese vakgebied
- Libertynisme
- Libertynisme is 'n politiese filosofie wat individuele regte en 'n beperkte regering voorstaan. Libertyne glo dat individue vry moet wees om enigiets te doen soos hulle goed dink, solank as dit wat hulle doen nie inbreuk maak op die gelyke regte van ander nie. In hierdie verband stem hulle saam met baie ander moderne politieke ideologieë. Die verskil kom voor in die definisie van "regte". Vir libertyne bestaan daar geen "positiewe regte" nie, slegs "negatiewe regte". Libertyne glo verder dat die enigste
- Yijing
- Die Yijing, of Boek van veranderinge, is van Chinese oorsprong en het 'n drastiese invloed op die Chinese kulturele geskiedenis gehad. Die meer korrekte vertaling van "verandering" is "probleme", oftewel "ontwrigtende verandering". Die boek help iemand om in balans met die natuur te kom deur 'n verandering te bestuur. In teenstelling met hedendaagse boeke is die Yijing nie 'n boek wat van voor tot agter gelees kan word nie. Dit word beskou as verteenwoordigend van 'n wysgeer waarmee daar in gesprek getree
- Demokrasie
- Demokrasie is 'n regeringsvorm gekenmerk deur gereelde en vrye verkiesings waaraan meer as een party kan deelneem, verskanste burgerregte en vrye media. Die woord het sy oorsprong uit die Griekse δημοκρατíα, wat bestaan uit δημος, κρατειν en die agtervoegsel íα. Dit beteken dus "regering deur die mense