2010 Top Ten of Conflict for Nature
- Voëlgriep
- Voëlgriep is 'n siekte wat voorkom by voëls, vernaamlik hoenderagtiges, wat griepagtige simptome veroorsaak met sufheid, betraande oë en opgeswelde kele. Die kam van die voël verkleur dikwels ook. Sommige voëls sterf vinnig na besmetting. Die ontkiemingstyd wissel tussen drie tot twee weke. Die siekte is dodelik vir hoenders en kalkoene
- Glaskatvis
- Die glaskatvis is 'n deursigtige varswatervis. Die vis kan tot 15 cm lank word, maar in akwariums word hulle tussen 6 en 8 cm lank. Die glaskatvis kom voor in Suidoos-Asië en word in skole glaskatvisse aangetref
- Kat
- Die kat of huiskat is een van die oudste troeteldiere van die mens. Dit is ’n klein, gewoonlik harige, vleisetende soogdier wat tot die biologiese familie Felidae (katagtiges) behoort. Die ou wetenskaplike naam was Felis domesticus, maar is later vervang deur Felis catus of soms Felis silvestris catus
- Aristoteles
- Aristoteles was 'n antieke Griekse filosoof en wetenskaplike wat 'n groot invloed op Westerse denke gehad het. Hy was 'n student van Plato en eens 'n onderwyser vir Aleksander die Grote. Sy talle geskrifte fokus op onderwerpe soos die wetenskap, politiek, moraliteit en literatuur
- Plant
- Plante is hoofsaaklik meersellige, fotosintetiese eukariote van die koninkryk Plantae. Dit bestaan uit meer as 300 000 spesies, wat organismes insluit soos bome, blomme, kruie en varings
- Biodiesel
- Biodiesel is 'n dieselbrandstof wat in die meeste bestaande dieselenjins gebruik kan word sonder om die enjins te verander. Dié diesel word gewoonlik uit plantaardige olies vervaardig. Hierdie artikel bespreek hoofsaaklik sulke dieselbrandstowwe wat vanuit plantaardige olies of dierevette deur middel van transesterifikasie vervaardig word
- Fotosintese
- Fotosintese is 'n belangrike biochemiese proses waarmee plante, alge, en sommige bakterieë die energie van sonlig benut om voedsel te vervaardig. Die meeste lewende organismes is per slot van rekening direk of indirek afhanklik van fotosintese vir hulle voedsel. Dit is verantwoordelik vir die vervaardiging van suurstof wat 'n groot deel van die aarde se atmosfeer uitmaak. Organismes wat energie omskakel deur middel van fotosintese word fototrowe genoem. Daar word geraam dat meer as die helfte van alle
- Panda
- Die groot panda is 'n soogdier wat geklassifiseer is in die Ursidae-familie en voorkom in Sentraal- en Suid-China. Hoewel die reusepanda eers in 1869 ontdek is en daar sedertdien min voorbeelde van hierdie dier deur dieretuine in die Westerse wêreld bekom kon word, is hierdie swart en-wit dier wat aan die wasbeer verwant is, alom bekend. Die panda het sy gewildheid te danke aan die feit dat hy soos 'n reusagtige, lewende teddiebeer lyk
- Tsoenami
- 'n Tsoenami, 'n tipe vloedgolf, is 'n reeks golwe wat in 'n watermassa veroorsaak word deur 'n puls of skielike versteuring wat 'n waterkolom vertikaal verplaas. Aardbewings, aard- of grondverskuiwings, vulkaniese uitbarstings, ontploffings en die impak van buiteaardse liggame soos meteoriete kan 'n vloedgolf veroorsaak. Tsoenami's kan kuslyne 'n geweldige slag toedien en verpletterende skade aan eiendom, beserings en lewensverlies deur besering of verdrinking veroorsaak
- Kaas
- Kaas is 'n voedsel met 'n hoë inhoud van proteïen en vet, wat uit die gestolde melk van koeie, soms ook bokke, skape, rendiere en waterbuffels vervaardig word. In wese is dit 'n konsentraat van die melk se mees voedsame bestanddele, wat naas proteïen ook kalsium en die vitamine A, B2, B12 en pantoteensuur (B5) insluit.
Daar is meer as 2 000 verskillende soorte kaas wêreldwyd, en meestal word stremsel gebruik om melk te laat stol, maar daar is ook soorte waar sure soos asyn en suurlemoensap of