2010 Top Ten of Conflict for Geography

Afrika
Afrika is die wêreld se tweede grootste kontinent in sowel oppervlakte as bevolking. Saam met die eilande beslaan dit ongeveer 30 221 532 km² wat 20,3% van die totale landoppervlakte van die aarde is en dit word bewoon deur meer as 1 miljard mense – ongeveer 'n sewende van die wêreldbevolking
Beijing
Beijing is 'n stad in die noorde van China en is die hoofstad van die Volksrepubliek China. Beijing word tans regstreeks deur die Chinese regering geadministreer en is sodoende gelykgestel aan provinsies, outonome gebiede en spesiale administratiewe streke
Nieu-Seeland
Nieu-Seeland is 'n eilandstaat in die suidwestelike Stille Oseaangebied. Geografies bestaan dié land, wat in 1840 tot Britse kolonie verklaar is en in 1907 'n dominium binne die Britse Gemenebes van Nasies geword het, uit twee hoofeilande en 'n aantal kleiner eilande. Nieu-Seeland is 'n grondwetlike monargie met Charles III as staatshoof en 'n eenkamerparlement met 121 afgevaardigdes
Tan Son Nhat Internasionale Lughawe
Die Tan Son Nhat Internasionale Lughawe is 'n groot lughawe naby Ho Chi Minh Stad, Viëtnam en is die belangrikste lughawe vir binnelandse en buitelandse vlugte in Viëtnam. Die lughawe is die grootste op die skiereiland van Viëtnam, en het in 2019 meer as 41 miljoen reisigers hanteer
Belarus
Belarus, amptelik die Republiek Belarus en voorheen bekend as Wit-Rusland, is 'n landingeslote land in Oos-Europa. Dit is oorwegend plat, met baie vleilande, en is landgebonde met Rusland in die noorde en ooste, Oekraïne in die suide, Pole in die weste en Letland en Litaue in die noorde. Minsk is die hoofstad en ook die grootste stad in die land. 'n Derde van die land is bebos en landbou is een van die sterkste ekonomiese sektore
Verenigde State van Amerika
Die Verenigde State van Amerika, in die omgangstaal ook net Amerika genoem, is 'n federale republiek in die Westelike Halfrond wat uit vyftig deelstate, 'n federale distrik, vyf groter selfregerende gebiede en enkele kleiner eilandbesittings in die Stille Oseaan en die Karibiese See bestaan. 48 van sy deelstate en die federale distrik lê in Sentraal-Noord-Amerika tussen die Stille Oseaan in die weste en die Atlantiese Oseaan in die ooste en word in die noorde deur Kanada en in die suide deur Meksiko
Chili
Chili, amptelik die Republiek Chili, is ’n unitêre presidensiële grondwetlike republiek geleë aan die suidwestelike kus van Suid-Amerika. Chili is lank en smal en strek in ’n noord-suidrigting oor ’n afstand van sowat 4 300 kilometer, terwyl dit op sy breedste in ’n oos-wesrigting maksimaal 400 kilometer van die weskus tot by die grens met Argentinië strek. Dié land behels verskillende klimaatsones wat van tropiese woestyne in die noorde tot by die koel gematigde en subpolêre woudsones van
Avenue des Champs-Élysées
Die Avenue des Champs-Élysées [avəˌnydeˌʃɑ̃zeliˈze] in Parys, dikwels kort Champs-Élysées of, in die omgangstaal, ook Les Champs genoem, is 'n belangrike straat in Parys wat na die Arc de Triomphe lei, vol duur winkels en straatkafees. Dit is een van die bekendste en mees gesogte praglane ter wêreld. Die laan is in die 8ste Arrondissement in die noordweste van die Franse hoofstad geleë en loop tussen die pleine Place de la Concorde en Place Charles de Gaulle
Duitsland
Duitsland, amptelik die Bondsrepubliek Duitsland, is in die sentrum van Europa geleë en vervul in baie opsigte 'n brugfunksie tussen Wes-Europa en die lande van Sentraal- en Oos-Europa
Europa
Europa is 'n vasteland wat oor die westelike vyfde van die Eurasiese landmassa strek. Alhoewel dit in geografiese opsig eerder as subkontinent geklassifiseer kan word wat saam met Asië die vasteland van Eurasië vorm, word dit vanweë sy historiese en kulturele ontwikkeling meestal as selfstandige kontinent beskou. Eeue lank was Europa in kulturele en ekonomiese opsig die middelpunt van die wêreld. So het die term Europa naas sy geografiese definisie ook betrekking op kulturele, politieke, ekonomiese