2010 Top Ten of Conflict for Culture

Teletubbies
Teletubbies is 'n Britse televisietekenprent geskep deur Anne Wood. Die hoofkarakters is Tinky Winky, Dipsy, Laa-Laa, en Po
The Simpsons
The Simpsons is ’n Amerikaanse televisie-animasiereeks wat deur Matt Groening geskep is en sedert 1989 in Suid-Korea en die VSA vervaardig word
Vuvuzela
Die Vuvuzela of sokkerhoring is 'n Suid-Afrikaanse blaasinstrument wat van hout of plastiek gemaak word en 'n monotone noot produseer as dit geblaas word. Deur die spanning op die lippe te verander kan hoër note ook voorgebring word. Vuvuzelas is ongeveer een meter lank en kan 'n klank van tot 130 desibel voortbring. Dit klink soos 'n diep sirene of 'n olifant se trompetter. Die instrument word hoofsaaklik deur toeskouers tydens sokkerwedstryde geblaas
Afrikaans
Afrikaans is tipologies beskou 'n Indo-Europese, Wes-Germaanse, Nederfrankiese taal, wat aan die suidpunt van Afrika onder invloed van verskeie ander tale en taalgroepe ontstaan het. Afrikaans is op 8 Mei 1925 as 'n amptelike taal van Suid-Afrika erken en is tans die derde jongste Germaanse taal wat amptelike status geniet, naas Faroëes wat in 1948 grondwetlik erken is en Luxemburgs wat hierdie status in 1984 verkry het
Swahili
Swahili is 'n taal wat gepraat word in Oos-Afrika en behoort tot die Bantoetaalfamilie. Meer as 150 miljoen mense praat Swahili, maar slegs 5–15 miljoen hiervan is moedertaalsprekers. Swahili is ná Arabies, Frans en Engels die belangrikste taal in Afrika. Die naam Swahili is afgelei van Arabies سواحل Sawāhil wat "kuste" beteken en na die geografiese verspreiding verwys. Die term "Swahilikus" is as 't ware 'n pleonasme, aangesien dit letterlik "kustekus" beteken
Enon (musiekgroep)
Enon is 'n Amerikaanse musiekgroep wat in 1999 deur John Schmersal, Rick Lee en Steve Calhoon gevorm is
Real Madrid
Real Madrid is 'n Spaanse Sokkerklub in die stad Madrid. Real Madrid is op 6 Maart 1902 gestig as Sociedad Madrid FC. Die klub se byname is Los Blancos en Los Merengues. Dit is die suksesvolste klub in Spanje en is deur FIFA as die beste sokkerklub van die 20ste eeu aangewys
Frans
Die Franse taal behoort tot die Romaanse groep binne die Indo-Europese taalfamilie. Van al die Romaanse tale het dit ten opsigte van sy struktuur en uitspraak die sterkste wegbeweeg van die oorspronklike Latyn
Slawiese tale
Die Slawiese tale, 'n groep nou verwante tale van die Slawe en 'n subgroep van die Indo-Europese taalfamilie het sprekers in die grootste deel van Oos-Europa, in groot dele van die Balkan, in dele van Sentraal-Europa en Noord-Asië
Nederlands
Nederlands is 'n Wes-Germaanse taal wat deur meer as 24 miljoen moedertaalsprekers in die wêreld gepraat word. Die totale aantal sprekers word geskat op omtrent 29 miljoen. Behalwe dat Nederlands die amptelike taal van Nederland is, is dit ook 'n amptelike taal in België en Suriname