2009 Top Ten of Polemic for Technology

MP3
MP3 is 'n lêerformat vir die verliesvrye kompressie van oudiodata. MP3 gebruik die beginsel dat slegs die gedeelte opgeneem en gestoor word wat die menslike oor kan hoor. Daardeur word 'n datakompressie moontlik wat die oudiogehalte min of glad nie beïnvloed nie. Die formaat is 'n indirekte voorganger van AAC of Vorbis, wat 'n beter gehalte en funksionaliteit lewer
PayPal
PayPal Holdings Inc., wat as PayPal handel dryf, is 'n Amerikaanse maatskappy wat wêreldwye aanlyn-betalings en aanlyn-oorbetalings bedryf en dien as 'n elektroniese alternatief vir tradisionele betaalmetodes soos tjeks en geld bestellings. Die maatskappy funksioneer as 'n betalings-fasiliteerder vir aanlynwinkels, veilingswebwerwe en baie ander kommersiële gebruikers, waarvoor dit 'n fooi hef in ruil vir voordele soos een-kliek-transaksies en wagwoordgeheue. Dit is in Desember 1998 deur Elon Musk, Ken
Viterbi-algoritme
Die Viterbi-algoritme, vernoem na die ontwikkelaar daarvan Andrew Viterbi, is 'n dinamiese programmering-algoritme om die mees waarskynlike opeenvolging van verborge toestande te vind – bekend as die Viterbi-pad – wat lei tot 'n opeenvolging van waargenome gebeurtenisse, veral teen die agtergrond van verborge Markovmodelle. Die voorwaartse algoritme is 'n naverwante algoritme vir die berekening van die waarskynlikheid van 'n opeenvolging van waargenome gebeurtenisse. Dit is 'n subafdeling van 'n breër
BIND
BIND is die mees algemeen gebruikte Domein-naam stelsel bediener op die internet, veral op Unix-tipe stelsels, waar dit 'n de facto standaard. Die programmatuur word ondersteun deur die Internet Systems Consortium. BIND is oorspronklik geskep deur vier gegradueerde studente by die Universiteit van Kalifornië, Berkeley en is oorspronklik saam met 4.3BSD vrygestel. Paul Vixie het die programmatuur in 1988 begin ondersteun terwyl hy nog by DEC werksaam was
PuTTY
PuTTY is 'n vrye telnet- en SSH-kliënt. Die sagteware stel gebruikers in staat om met 'n ander rekenaar verbind te word, meestal 'n bediener wat 'n UNIX-gebaseerde bedryfstelsel loop. PuTTY is 'n vervanging vir die verouderde terminaal, 'n dom masjien wat voor die bekendstelling van die Persoonlike rekenaar gebruik was om met 'n bediener te koppel
IMEI
IMEI is 'n getal wat 'n GSM-toestel identifiseer. Dit kan gebruik word om die toestel te blokkeer na verlies of diefstal. Die operateur het ook die nommer nodig om die selfoon op die netwerk te aktiveer
QWERTY-sleutelbord
QWERTY is die Amerikaanse sleutelborduitleg wat vir rekenaarsleutelborde en tikmasjiene gebruik word. Die naam dui op die eerste ses letters op die boonste ry van die sleutelbord
COBOL
COBOL is 'n hoëvlak programmeertaal wat die primêre besigheidsprogrammeertaal was op hoofraamrekenaars en minirekenaars. Dis 'n vertaalde taal en een van die eerste hoëvlak programmeertale
ADSL
ADSL is 'n standaard vir 'n digitale tegnologie vir snelle datakommunikasie oor 'n telefoonlyn van koperdraad
Rekenaar
'n Rekenaar is enige toestel wat gebruik word om data volgens 'n goed gedefinieerde prosedure te verwerk. Die term word tans algemeen gebruik om na digitale rekenaars te verwys