2009 Top Ten of Polemic for Society

Ndebele (stam)
Die naam (ama)Ndebele is 'n generiese naam wat gebruik word om drie Ngunisprekende etniese groepe in Afrika aan te dui. Die Suidelike-Ndebele woon in die Republiek van Suid-Afrika, terwyl die Noordelike-Ndebele in Zimbabwe gevind kan word
Onafhanklikheid
Onafhanklikheid van 'n land, organisasie of regeringstak dui op die vermoë om self te regeer, teenoor om deur iemand anders regeer te word. Die verklaring van sulke onafhanklikheid impliseer somtyds 'n gewelddadige wegbreek van die heersende bestel, en is daarom 'n rede vir gereelde herdenking van die oorwinning
Afrikanerweerstandsbeweging
Die Afrikanerweerstandsbeweging, of AWB, is ’n verregse politieke minderheidsgroep in Suid-Afrika. Hy beywer hom vir die herinstelling van ’n onafhanklike Afrikanerrepubliek en die beskerming van boere teen plaasaanvalle. Die organisasie word deur sommige beskryf as 'n Neo-Nazi of ekstremistiese blanke-heerssugtige party. Hoewel die party nie tans geweldadig is nie, was hulle wel in die 1990’s by geweldadige optredes betrokke
Yskor
Yskor, of die Suid-Afrikaanse Yster en Staal Industriële Korporasie Beperk, is in 1928 deur Hendrik van der Bijl begin as 'n staatsorganisasie ingevolge die Yster- en Staalwet, Nr. 11 van 1928, met sy eerste werke in Pretoria. Dit is gestig as 'n statutêre parastatale organisasie met die doelstelling om yster en 'n reeks staalprodukte te vervaardig en werksgeleenthede te skep vir gemeenskappe wat naby sy bedrywighede is. Die eerste staal is op 4 April 1934 by die Pretoriawerke vervaardig. Die wêreld se
Arachnofobie
Arachnofobie, is die abnormale vrees vir spinnekoppe; 'n baie algemene fobie. Die vrees lyk ontoepaslik vir andere. Diegene met die vrees is geneig om ongemaklik te voel in 'n area waar spinnekoppe waarskynlik kan voorkom
Armoede
Armoede is die status waarin 'n individu(e) verkeer wanneer die persoon of persone nie hul eie, sowel as die mense wat afhanklik van hulle is, se basiese ekonomiese behoeftes kan bevredig nie. Die mense sukkel dus om te oorleef in 'n moderne samelewing. Gevolglik kan daar nie 'n voldoende lewenstandaard gehandhaaf word nie
Vrymesselary
Die Vrymesselary is 'n wêreldwye humanitêre organisasie, met lidmaatskapstoetrede beperk tot mans en deur middel van 'n inlywingsproses. Die belangrikste funksie van 'n vrymesselaar is om betrokke te wees by liefdadigheidswerk, en by gemeenskapsontwikkeling
Werkloosheid
Werkloosheid is die toestand waarin mense verkeer wat nie werk het nie; dit is die teenoorgestelde vorm van indiensneming. 'n Persoon is werkloos wanneer die persoon geen betaalde werk het nie. Om nie te werk nie, terwyl daar 'n behoefte aan 'n werk bestaan, kan ernstige gevolge hê, wat daartoe lei dat individue nie noodsaaklikhede soos kos en klere kan bekostig nie
Plaasmoorde in Suid-Afrika
Die term plaasmoorde verwys na moorde op plase, veral die moorde wat sedert die einde van die apartheidstelsel in 1994 op Suid-Afrikaanse plase gepleeg word. Volgens beskikbare statistiek het daar tussen 1991 en 2001 6 122 plaasaanvalle plaasgevind wat tot 1 254 sterfgevalle gelei het. Die getal sterfgevalle het in die volgende agt jaar meer as verdubbel tot 3 037
Airbus Group
Die European Aeronautic Defence and Space Company EADS N.V. (EADS) is 'n groot Europese lug- en ruimtevaart maatskappy wat op 10 Julie 2000 gevorm is deur die samesmelting van Aérospatiale-Matra van Frankryk, Construcciones Aeronáuticas SA (CASA) van Spanje, en DaimlerChrysler Aerospace AG (DASA) van Duitsland. Die maatskappy ontwikkel, vervaardig en bemark burgerlike en militêre vliegtuie asook misiele, ruimte-vuurpyle, satelliete, en verwante stelsels