2009 Top Ten of Polemic for Religion

Kabbala
Kabbala beteken letterlik "ontvangs". Die kabbala is esoteriese geskrifte wat deur ortodokse Jode as heilig beskou word. Die aanhangers van die geloof glo dat die werke 'n mens nader aan God sal bring en dat die aanhanger bonatuurlike kragte verkry op 'n metafisiese vlak. Die oorsprong van die term kabbala is onbekend, maar daar word geglo dat dit óf deur Solomon ibn Gabirol (1021–1058) óf in die 13de eeu deur Bahya ben Asher begin is. Vandag word die term kabbala gebruik vir die studie van die Joodse
Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
Die Gereformeerde Kerke is 'n Christelike kerk in Suid-Afrika wat in 1859 in Rustenburg gestig is. Lede van die kerk word soms na verwys as Doppers. As een van die oudste kerkverbande onder die Afrikaners, word dit beskou as een van die Drie Susterkerke
God
Die woord god verwys gewoonlik na 'n uiterste persoonlike en/of bonatuurlike wese. Die "opperwese-konsep" kan as inherent of abstrak voorgehou word. Wanneer die woord met 'n kleinletter gespel word, is dit 'n selfstandige naamwoord wat gewoonlik na die god van 'n arbitrêre godsdiens verwys, terwyl wanneer dit binne 'n gegewe godsdiens gebruik word om na daardie godsdiens se eie opperwese(s) te verwys, dit gewoonlik met 'n hoofletter geskryf word. In die Bybel sal daar byvoorbeeld na die Christelike god as
Allah
Allah, 'n Arabiese woord, is die hoofnaam vir "God" in die Islamitiese godsdiens en die Arabiessprekende Christendom. Allah word in Islam as die enigste godheid beskou en is reeds in voor-Islamitiese tye as die oppergod vereer. Eeue voor die Islamitiese profeet sy eerste beweerde openbaring in 610 n.C. ontvang en hom vervolgens tot die enigste god verklaar het, het die Lihjaniete en Thamoedeërs as voorgeslagte van die huidige Arabiere al hierdie godheid aanbid en is die naam Allah ook reeds met die Kaäba
Sekte
Die term sekte verwys na 'n afsonderlike religieuse gemeenskap of groepering wat as gevolg van sy leerstelling(s) of rituele in konflik is met die heersende opvatting van 'n gevestigde kerk of ander groot religieuse organisasie of geloof. 'n Sekte het hom sodoende van 'n groter kerk of ander geloof afgeskei, of sy aanhangers is uit die organisasie of geloof verban
Brunstad Christian Church
Brunstad Christian Church, ook Smith se Vriende of Den Kristelige Menighet, is ’n wêreldwye Christelike vereniging wat in die vroeë 20ste eeu in die Noorse provinsie Vestfold gestig is. Die onafhanklike kerkvereniging het sy oorsprong in Charismatiese tradisies soos die Pinksterbeweging, alhoewel dit in baie opsigte daarvan verskil
Abdy
'n Abdy is 'n outonome klooster, waarvan die owerste die ab is. Die owerste van 'n aartsabdy word aartsab genoem, wat nog 'n 'rangtrappie' hoër in die hiërargie staan
Verenigde Apostoliese Kerk
Dit is 'n groep onafhanklike kerke wat saamgegroepeer is, met gemeenskaplike bande in die herlewings beweging van die Katoliek Apostoliese Kerk in die 19de eeu, wat in Engeland en Skotland begin het
Deïsme
Deïsme verwys na die geloof in 'n godheid wat betrokke was by die skepping van die wêreld, maar sedertdien nie meer daarby betrokke is nie. Dit gaan gewoonlik gepaard met die verwerping van enige vorm van die bonatuurlike, en kan beskou word as 'n naturalistiese godsdiens. Dit was 'n siening van die vryedenkers wat veral na vore gekom het tydens die Verligting tussen die 17'e en 18'e eeu, en is gekenmerk deur rasionalisme. Vir hulle is die natuurlike rede die basis op grond waarvan morele besluite geneem
Sciëntologie
Sciëntologie is 'n filosofies-religieuse beweging wat deur die Amerikaanse filosoof, ontdekkingsreisiger en wetenskapsfiksieskrywer L. Ron Hubbard (1911–1986) ontwikkel is en vir sy volgelinge na bewering 'n presiese pad wys wat hulle in staat stel om hul ware natuur as geestelike wesens en hul verhouding tot hulself, hul familie, ander groepe mense, die mensheid in sy geheel, alle lewensvorme, die materiële heelal, die spirituele heelal en die Opperste Wese of Oneindigheid te ontsleutel. Sciëntologie