2009 Top Ten of Polemic for Nature
- Eksentrisiteit (sterrekunde)
- Eksentrisiteit is ’n term wat gebruik word om te verwys na die wentelbaan van ’n hemelliggaam wat afwyk van ’n sirkelvorm, die wentelbaan is dus eksentries
- Leadership in Energy and Environmental Design
- LEED is 'n puntestelsel wat in 1998 deur die VSA se Green Building Council (USGBC) opgestel is om geboue mee te beoordeel. Dit maak 'n stel standaarde vir die omgewingsvriendelike en onderhoubare konstruksie van geboue beskikbaar
- Stelselteorie
- Stelselteorie is 'n interdissiplinêre studieveld wat die verhoudings van stelsels in hul geheel bestudeer
- Jodium
- Jodium is ’n chemiese element met die simbool I en ’n atoomgetal van 53. Jodium, wat natuurlik voorkom, bestaan uit ’n enkele isotoop met 74 neutrone. Jodium is die halogeen met die laagste reaktiwiteit en is ook die elektropositiefste halogeen naas astaat. Die element kom egter nie in sy ongebinde vorm in die natuur voor nie. Soos al die ander halogene (groep VII-elemente) vorm jodium diatomiese molekules in sy suiwer vorm (I2
- Waterbesparing in Suid-Afrika
- Water is 'n skaars hulpbron en moet te alle tye bespaar word, veral in Suid-Afrika, wat as 'n waterarm land beskou word. Die verstedeliking en die gevolglike bevolkingsaanwas in stedelike en veral metropolitaanse gebiede plaas druk op die beperkte varswaterbronne. Dat die hoeveelheid varswaterbronne in die toekoms sal moet vermeerder, is 'n gegewe. Die mikpunt van 'n doeltreffende dorps- of stadsraad is om die hoeveelheid waterverbruik laag genoeg te hou sodat (1) 'n skielike watertekort nie die inwoners
- Sonskoorsteen
- 'n Sonskoorsteen is 'n toestel vir die omsetting van sonenergie deur die konveksie van verhitte lug
- Faraday se wet
- Faraday se wet van induksie bepaal dat 'n elektriese stroom wat verander met tyd 'n eweredige elektromotoriese krag veroorsaak
- Kookpunt
- Die kookpunt van 'n stof is die temperatuur waar dit van 'n vloeistoftoestand na 'n gastoestand deur die hele vloeistofmassa heen verander. 'n Vloeistof kan ook na 'n gas verander onder die kookpunt deur die proses wat as verdamping bekend staan. Verdamping is 'n oppervlakverskynsel waar slegs die molekules op die gas/vloeistof intervlak kan verdamp. Die woord kook omskryf egter 'n proses waar die vloeistofmassa in sy geheel begin verdamp met die vorming van borrels
- Subspesie
- 'n Subspesie is in die biologiese sistematiek die taksonomiese rang net onder spesie. In plantkunde word subspesies verder verdeel in variëteite en vorms terwyl dit in dierkunde en bakteriologie die laagste rang is. Dit stel taksonomiese 'n sekondêre kategorie wat slegs gebruik word indien nodig. Dit kan beskou word as die versameling fenotipies van soortgelyke bevolkings van 'n spesie, wat 'n geografiese deelgebied van die verspreidingsgebied van die spesie bewoon, en dit taksonomies van ander
- Aarde se atmosfeer
- Die Aarde se atmosfeer is die atmosfeer (gaslaag) wat om die Aarde voorkom. Die aantrekkingskrag van die Aarde hou die atmosfeer in posisie sodat dit saam met die Aarde om sy eie as en om die son roteer. Lewe op aarde sou sonder die atmosfeer nie moontlik wees nie; dit verskaf die lug wat ons asem, die water wat ons drink en vorm daarnaas 'n natuurlike beskerming teen gevaarlike sonstrale en selfs meteoriete