2009 Top Ten of Polemic for Culture

Poes
Poes is 'n obsene woord in Afrikaans wat na die menslike vulva verwys. Dit is die direkte ingebruikneming van die Nederlandse woord poes wat na 'n wyfiekat verwys. Daar kan ook verwys word na die korrelasie tussen die Afrikaanse gebruik van die woord poes en die Engelse gebruik van die woord puss of pussy wat ook na die vroulike geslagsdele verwys. Dit is gewoonlik onaanvaarbaar om die woord in formele of beskaafde geselskap te uiter
Potjiekos
Potjiekos is 'n verwysing na 'n eg Suid-Afrikaanse kooktegniek wat 'n ysterpot as hoofkookinstrument gebruik. Die ysterpot is ook bekend in ander dele van die wêreld as 'n dutch-oven, en word ook ysterpot, swart pot of net potjie genoem. Die pot word gemaak uit gietyster en het 'n los deksel. Daar is verskillende groottes wat begin by 1/4 tot so groot as nommer 25. Vir die gemiddelde gesin van 4 tot 6 mense is 'n nommer 3-pot voldoende. Die pot is verkrygbaar met 'n ronde bodem met drie pote, of met 'n
Origami
Origami is die Japannese kuns van papiervou. Die woord is afgelei van Japannees ori "vou" en kami "papier". Gewoonlik word vierkantige velle papier gebruik, wat sonder hulpmiddels soos 'n skêr of kleefstof tot driedimensionele motiewe gevou word. Bekende tradisionele origamimotiewe sluit diere soos die kraanvoël tsuru en voorwerpe soos die helmhoed kabuko in
Seks
Die term seks verwys na die praktiese uitoefening van seksualiteit. In die algemene taalgebruik sluit die term seksuele handelings tussen twee of meer persone in, veral seksuele omgang en ander vergelykbare seksuele praktyke – in bepaalde gevalle ook masturbasie. Dit is ook onder verskeie ander name bekend, soos geslagsgemeenskap of koïtus
Handbal
Handbal is 'n spansport waar twee spanne van sewe spelers elk die bal in die opponente se doelgebied probeer ingooi. Die veld is 40 meter lang by 20 meter breed met 'n doelgebied van 2 by 3 meter aan beide kante van die veld. Die doelgebied is soortgelyk, maar kleiner as die wat tydens sokkerwedstryde gebruik word. Maar anders as sokker, word die bal met die hande eerder as die voete hanteer
Bagel
Die term bagel verwys na 'n soort rolletjie wat tradisioneel van gegiste deeg gemaak en in die vorm van 'n kring gebak word, nadat dit vooraf in water gekook is. Die gebak is sag en het gewoonlik 'n bros goudbruin kors. Bagels word dikwels met papawer of sesamsaad bestrooi
Wikipedia
Wikipedia is 'n veeltalige "kopielinkse" ensiklopedie ontwerp om deur enigiemand gelees, verbeter en uitgebrei te word. Dit berus op samewerkende verandering en onderhoud deur duisende gebruikers deur middel van wiki-sagteware, en word verskaf en ondersteun deur die nie-winsgewende Wikimedia-stigting. Waarnemers beskou die tweeledige bestuur, waarin 'n informele gemeenskap van aktiewe gebruikers die gesag oor 'n globale digitale projek met 'n stigting deel en sodoende formele met informele
Nederlandse Wikipedia
Die Nederlandse weergawe van Wikipedia is op 19 Junie 2001 gestig en is sedert April 2022 die sesde grootste weergawe van hierdie aanlynensiklopedie gemeet aan die aantal artikels wat dit bevat, na die Engelse, Cebuano, Sweedse, Duitse en Franse Wikipedias
IPod
iPod is 'n tipe draagbare mediaspeler wat deur Apple ontwerp en versprei word. Die iPod-projek is in Oktober 2001 van stapel gestuur. Daar is tans 'n verskeidenheid iPod-produkte: die oorspronklike hardeskyfgebaseerde iPod classic, die iPod touch (wat soortgelyk is aan die iPhone, die iPod nano wat ook video's kan speel, en die skermlose iPod shuffle. Vorige produkte sluit in die iPod mini wat deur die iPod nano verplaas is, en die iPod photo wat in die huidige iPods geïntegreer is. Die iPod classic
Albanees
Albanees of Albanies is 'n Indo-Europese Satəm-taal wat deur sowat 5,4 miljoen mense gepraat word. Albanees is die amptelike taal van Albanië, saam met Serwies van Kosowo en saam met Masedonies van Noord-Masedonië. Daarbenewens is Albanees in Montenegro in amptelike gebruik. Dit word ook gepraat in gebiede van die voormalige Joego-Slawië asook in dele van Griekeland, Italië en Turkye