2009 Top Ten of Conflict for Technology
- MP3
- MP3 is 'n lêerformat vir die verliesvrye kompressie van oudiodata. MP3 gebruik die beginsel dat slegs die gedeelte opgeneem en gestoor word wat die menslike oor kan hoor. Daardeur word 'n datakompressie moontlik wat die oudiogehalte min of glad nie beïnvloed nie. Die formaat is 'n indirekte voorganger van AAC of Vorbis, wat 'n beter gehalte en funksionaliteit lewer
- Mozilla Firefox
- Mozilla Firefox is 'n vrye kruis-platform-webblaaier wat deur die Mozilla-stigting en honderde vrywilligers ontwikkel word. Dit is meer as vyf miljoen keer in die eerste 12 dae ná die vrystelling van weergawe 1.0 afgelaai, en meer as 20 miljoen keer in minder as 11 weke daarna. Dit maak Firefox een van die mees populêre, gratis oopbronprogramme, veral onder tuisgebruikers
- Rekenaar
- 'n Rekenaar is enige toestel wat gebruik word om data volgens 'n goed gedefinieerde prosedure te verwerk. Die term word tans algemeen gebruik om na digitale rekenaars te verwys
- PayPal
- PayPal Holdings Inc., wat as PayPal handel dryf, is 'n Amerikaanse maatskappy wat wêreldwye aanlyn-betalings en aanlyn-oorbetalings bedryf en dien as 'n elektroniese alternatief vir tradisionele betaalmetodes soos tjeks en geld bestellings. Die maatskappy funksioneer as 'n betalings-fasiliteerder vir aanlynwinkels, veilingswebwerwe en baie ander kommersiële gebruikers, waarvoor dit 'n fooi hef in ruil vir voordele soos een-kliek-transaksies en wagwoordgeheue. Dit is in Desember 1998 deur Elon Musk, Ken
- Transformator
- 'n Transformator is 'n statiese elektriese toestel wat deur middel van elektromagnetiese koppeling energie oordra van een stroombaan na 'n ander. 'n Transformator bestaan uit twee of meer spoele wat in meeste gevalle om 'n magnetiese kern gewikkel is. Die magnetiese kern konsentreer die magnetiese vloed in die spoele. 'n Wisselstroom in een van die spoele, die primêre spoel, induseer 'n wisselende magnetiese vloed in die kern op. Hierdie vloed induseer dan 'n spanning op in die ander, sekondêre, spoele
- Motorvoertuig
- 'n Motorvoertuig is 'n voertuig wat deur sy eie enjin aangedryf word en gebruik word om mense, diere en goedere te vervoer. Soms word die woorde 'motor', 'motorkar' en 'kar' gebruik as kort vir motorvoertuig. Verskillende tipes motorvoertuie sluit in motorkarre (sedans), busse, vragmotors, motorfietse en bakkies
- File Transfer Protocol
- File Transfer Protocol is 'n protokol wat die uitruil van lêers tussen rekenaars vergemaklik. Dit standaardiseer 'n aantal aksies wat gewoonlik verskillend op verskillende bedryfstelsels uitgevoer word
- Bedryfstelsel (inligtingstegnologie)
- Die programmatuur wat dit moontlik maak vir 'n rekenaargebruiker om die hardeware binne die rekenaar en geïnstalleerde sagteware te kan gebruik of manipuleer
- YouTube
- YouTube is 'n webwerf wat gebruikers in staat stel om video's op te laai, koers, kommentaar, deel, en na ander opgelaaide video's te kyk. Die webwerf behels films, musiek videos, nuus, opvoedkundige programme, sowel as video blogs, skyfievertonings, humoristiese video's, en nog baie meer te kyk. YouTube is tans die grootste video webwerf op die Internet
- MacOS
- macOS, voorheen bekend as Mac OS X en OS X, is 'n bedryfstelsel vir tafel- en skootrekenaars van die Kaliforniese harde- en sagteware-onderneming Apple Inc.. Mac OS X is in 2001 vrygestel, eerder as Mac OS X, 10.0. Die nuutste weergawe van die bedryfstelsel is macOS 10.15 as opvolger van macOS Mojave. Nog in 2020 word die vrystelling van macOS Big Sur verwag, genoem na 'n Kaliforniese kusstreek. Die nuwe bedryfstelsel sal as macOS 11 bekendstaan en beteken dat Apple ná byna twee dekades van macOS10 na 11