2009 Top Ten of Conflict for Society
- Unesco
- Unesco is die Engelse afkorting vir United Nations Educational, Scientific and Cultural Organization, 'n spesiale organisasie van die Verenigde Nasies wat in 1945 gestig is en sy hoofkwartier in die Franse hoofstad Parys het. Tans het 192 lande as lede en 'n verdere ses as geassosieerde lede by Unesco aangesluit, waaronder ook Suid-Afrika, een van die twintig stigterslede
- Jamaika
- Jamaika is 'n eilandstaat van die Groot-Antille met 234 kilometer in lengte en 80 kilometer in breedte. Jamaika is in die noorde van die Karibiese See geleë en is naas Kuba, die Dominikaanse Republiek, Haïti en die Bahamas die vyfde grootste eilandstaat van die streek. Jamaika beslaan 'n oppervlakte van 10 991 km² en het 'n bevolking van 2 726 667 in 2018 gehad. Jamaika is in die suide van Kuba, in die weste van Hispaniola en in die suidooste van die Kaaimanseilande geleë. Die hoofstad en grootste
- Misdaad
- 'n Misdaad is 'n handeling wat 'n politieke of morele wet oortree
- Arachnofobie
- Arachnofobie, is die abnormale vrees vir spinnekoppe; 'n baie algemene fobie. Die vrees lyk ontoepaslik vir andere. Diegene met die vrees is geneig om ongemaklik te voel in 'n area waar spinnekoppe waarskynlik kan voorkom
- Afrikanerweerstandsbeweging
- Die Afrikanerweerstandsbeweging, of AWB, is ’n verregse politieke minderheidsgroep in Suid-Afrika. Hy beywer hom vir die herinstelling van ’n onafhanklike Afrikanerrepubliek en die beskerming van boere teen plaasaanvalle. Die organisasie word deur sommige beskryf as 'n Neo-Nazi of ekstremistiese blanke-heerssugtige party. Hoewel die party nie tans geweldadig is nie, was hulle wel in die 1990’s by geweldadige optredes betrokke
- Buffel
- Die buffel of Kaapse buffel is 'n gelyktonige hoefdier van die familie Bovidae (beesagtiges), en die subfamilie Bovinae. Benamings in ander inheemse tale is affalo, nyati en mbogo
- Klinker
- 'n Klinker, ook vokaal genoem, is 'n klank in gesproke taal, soos die Afrikaanse a [ɑː] of ou [ɵŭ], wat met 'n oop spraakkanaal uitgespreek word sodat daar nêrens bo die glottis lugdruk opgebou word nie. Lug beweeg dus ongehinderd deur die spraakkanaal by die mond uit sonder merkbare ruis- knal- of plofgeluide. Dit staan in teenstelling met konsonante, soos sj waar 'n versperring of sluiting in die spraakkanaal voorkom. Klinkers is normaalweg stemhebbend maar wanneer gefluister word vibreer die
- Vrymesselary
- Die Vrymesselary is 'n wêreldwye humanitêre organisasie, met lidmaatskapstoetrede beperk tot mans en deur middel van 'n inlywingsproses. Die belangrikste funksie van 'n vrymesselaar is om betrokke te wees by liefdadigheidswerk, en by gemeenskapsontwikkeling
- Werkloosheid
- Werkloosheid is die toestand waarin mense verkeer wat nie werk het nie; dit is die teenoorgestelde vorm van indiensneming. 'n Persoon is werkloos wanneer die persoon geen betaalde werk het nie. Om nie te werk nie, terwyl daar 'n behoefte aan 'n werk bestaan, kan ernstige gevolge hê, wat daartoe lei dat individue nie noodsaaklikhede soos kos en klere kan bekostig nie
- Ekonomie
- Ekonomie is die sosiale wetenskap wat die produksie en verbruik van meetbare middele bestudeer. Dit behels die analise van die produksie, verspreiding en verbruik van goedere en dienste. Volkshuishouding is 'n verouderde term vir ekonomie