2009 Top Ten of Conflict for People
- Barack Obama
- Barack Hussein Obama II is op 20 Januarie 2009 ingehuldig as die 44ste president van die Verenigde State. Hy het in die Amerikaanse Kongres die amp van Juniorsenator vir die deelstaat Illinois beklee en is die vierde jongste kandidaat wat ooit as president verkies is. Hy is daarnaas ook die eerste boorling van die deelstaat Hawaii wat die presidentsamp beklee
- Michael Jackson
- Michael Joseph Jackson was 'n Amerikaanse sanger, liedjieskrywer, danser, vermaakpersoonlikheid, besigheidsman en humanis wat as een van die suksesvolste musiekkunstenaars in die geskiedenis van die popmusiek bekend staan. Sy unieke bydraes tot populêre musiek en dans, tesame met sy hoogs gepubliseerde persoonlike lewe, het hom vir vier dekades 'n sentrale figuur van die popkultuur gemaak. Hy het 13 Grammy-toekennings gewen en na raming sowat 750 miljoen albums verkoop. Tydens sy sololoopbaan het hy
- Charles Darwin
- Charles Robert Darwin was 'n Britse natuurkundige. Hy was die grondlegger van die evolusieteorie gebaseer op natuurlike seleksie wat die grondslag van huidige sienings oor dié teorie vorm
- Arthur Conan Doyle
- Arthur Conan Doyle (1859–1930) was 'n Skotse skrywer wat veral bekend is vir sy speurverhale oor Sherlock Holmes en dié se vriend dr. Watson. Hy was 'n bedrywige skrywer en sy werke sluit wetenskapsfiksie, geskiedkundige verhale, tonele, romans, poësie en feiteboeke in. Daar word soms na hom verwys as Conan Doyle – Conan was oorspronklik sy middelnaam, maar hy het dit in later jare as deel van sy van gebruik
- Alexander die Grote
- Alexander die Grote was die koning van Masedonië. Hy het op 'n jong ouderdom beheer van Griekeland, Egipte en die meeste lande oos van die Middellandse See tot so ver as Indië oorgeneem. Hy het die Griekse kultuur na bykans die hele bekende wêreld uitgebrei en talle stede gestig, waaronder Alexandrië in Egipte. Hy word as een van die grootste militêre leiers in die geskiedenis beskou
- Wladimir Lenin
- Wladimir Iljitsj Lenin, was ’n Russiese rewolusionêr, skrywer, regsgeleerde, stigter van die Bolsjewisteparty, leier van die Oktober-rewolusie, stigter van die Sowjetunie en die eerste leier van die Russiese Sosialistiese Federale Sowjetrepubliek. "Lenin" was een van sy skuilname as rewolusionêr en is waarskynlik ’n verwysing na die rivier Lena. Hy is gebore as Wladimir Iljitsj Oeljanof
- Caster Semenya
- Mokgadi Caster Semenya OIB is 'n Suid-Afrikaanse middelafstandatleet wat in die 800 m-item spesialiseer. Sy het in hierdie baanitem Suid-Afrikaanse en wêreldkampioen geword
- Amerigo Vespucci
- Amerigo Vespucci was 'n Florentynse ontdekkingsreisiger wat in Spaanse en Portugese diens dele van die Nuwe Wêreld verken het. Die Amerikas is vervolgens glo na hom vernoem, alhoewel dit egter nie algemeen aanvaar word nie. Amerigo lyk wat op America en het daarom die verbinding van die name moontlik gemaak
- Céline Dion
- Céline Dion is 'n Kanadese sangeres
- Lys van Suid-Afrikaanse musikante
- Hier volg ’n alfabetiese lys van bekende of andersinds noemenswaardige Suid-Afrikaanse musikante