2009 Top Ten of Conflict for Nature

Penis
Die penis of fallus is die uitwendige manlike geslagsorgaan wat by soogdiere ook gebruik word vir urinering. Dit is verwant aan die vroulike klitoris, aangesien dit vanuit dieselfde embriologiese struktuur ontwikkel. Die penis kan 'n ereksie kry en dan gebruik word vir seksuele omgang of masturbasie
Niels Bohr
Niels Henrik David Bohr was 'n Deense fisikus wat belangrike kernfisika-ontdekkings gemaak het. Hy het fundamentele bydraes tot die begrip van atomiese struktuur en kwantumfisika gelewer. As erkenning vir hierdie bydraes het hy die Nobelprys vir fisika in 1922 ontvang
Jodium
Jodium is ’n chemiese element met die simbool I en ’n atoomgetal van 53. Jodium, wat natuurlik voorkom, bestaan uit ’n enkele isotoop met 74 neutrone. Jodium is die halogeen met die laagste reaktiwiteit en is ook die elektropositiefste halogeen naas astaat. Die element kom egter nie in sy ongebinde vorm in die natuur voor nie. Soos al die ander halogene (groep VII-elemente) vorm jodium diatomiese molekules in sy suiwer vorm (I2
Aarde
Die Aarde is die derde naaste planeet aan die Son. Dit is die vyfde grootste planeet in die Sonnestelsel en die grootste rotsplaneet wat deursnee, massa en digtheid betref. Die Aarde is die tuiste van miljoene spesies, waaronder die mens, en is die enigste plek in die heelal waar sover bekend lewe bestaan. Die planeet het 4,54 miljard jaar gelede ontstaan en lewe het binne die volgende miljard jaar op sy oppervlak verskyn. Dit het die Aarde se atmosfeer en oppervlak beïnvloed, wat weer gelei het tot die
Vleis
Vleis, in sy breedste moderne definisie, is alle diereweefsel wat ten doel het om as voedsel te dien. In dié konteks verwys dit nie net na spierweefsel nie, maar sluit ook vet of nie-spier organe in, insluitend longe, lewers, tonge, vel, breine, murg en niere. Diere wat slegs vleis eet is karnivore
Chemie
Chemie of skeikunde is die wetenskap van materie en die interaksie daarvan met energie. As gevolg van die wye verskeidenheid materie, is chemici dikwels betrokke in die strewe om die wisselwerking tussen atome en molekules wat daaruit gevorm word te bestudeer en te verstaan. Die term "skeikunde" in Afrikaans moet nie verwar word met die onderwerp wat in Engels bekend staan as "separation technology" nie
Biologie
Biologie is die wetenskap van lewe. Dit is gemoeid met die eienskappe en gedrag van organismes, hoe spesies en individue ontstaan asook die wisselwerkings tussen hulle onderling en tussen hulle en die omgewing
Ierland
Ierland is die derde grootste eiland van Europa en die mees westelike van die Britse Eilande, met 'n lengte van 450 kilometer, 'n breedte van 260 kilometer en 'n totale oppervlak van 84 421 vierkante kilometer. Die eiland, wat dikwels ook die "Groen Eiland" genoem word, lê tussen die Atlantiese Oseaan in die weste en die Ierse See in die ooste
Saturnus
Saturnus is die sesde planeet van die Son af. Dit is 'n gasreus en die tweede grootste planeet in die sonnestelsel ná Jupiter. Die planeet is vernoem na die Romeinse god Saturnus en sy simbool is 'n ligatuur van die Griekse letters kappa-rho, vir Saturnus se Griekse naam Cronus
Geologie
Geologie, uit Grieks γη- en λογος is die wetenskap en studie van die aarde, sy samestelling, struktuur, fisiese eienskappe, geskiedenis en die prosesse wat hom vorm