2009 Top Ten of Conflict for Health
- Vigs
- Verworwe immuniteitsgebreksindroom (vigs), as gevolg van 'n besmetting met die menslike immuniteitsgebreksvirus (MIV), is 'n sindroom wat die immuunstelsel aanval en geleidelik vernietig. Pasiënte met 'n verswakte immuunstelsel is uiters vatbaar vir sekondêre infeksies, en 'n bepaalde kombinasie van hierdie infeksies word as die sindroom vigs gedefinieer
- Varkgriep
- Varkgriep verwys na griepgevalle wat veroorsaak word deur Ortomiksovirusse wat endemies is tot varke. Varkgriepgeslagslyne wat tot op hede geëien kon word is geklassifiseer as óf influensa C-virus of een van die verskeie subtipes van die genus influensa A-virus
- Alzheimersiekte
- Alzheimersiekte is 'n progressiewe neurodegeneratiewe siekte met kenmerkende kliniese en patologiese tekens
- Malaria
- Malaria, afgelei van mala aria, of moeraskoors is 'n parasitiese siekte wat ongeveer 350-500 miljoen mense elke jaar aantas en nagenoeg 1,3 miljoen sterftes tot gevolg het. Die siekte word hoofsaaklik in die trope aangetref. Ongeveer 85% van hierdie sterftes vind in Sub-Sahara Afrika plaas. Die WGO het in April 2016 bekendgemaak dat Europa die eerste gebied van die wêreld is wat in 2015 malariavry geword het. In 1995 was daar nog 90 712 gevalle in hierdie gebied
- Psigiatrie
- Psigiatrie is dié vertakking van geneeskunde wat bemoeid is met die wetenskap en praktyk van die behandeling van kognitiewe, emosionele, of gedragsversteurings. 'n Psigiater is gemagtig om met die bepaalde mediese opleiding medisyne aan die pasiënt voor te skryf. Daarteenoor is 'n sielkundige iemand wat in die vakgebied sielkunde bekwaam is. 'n Kliniese sielkundige is gespesialiseerd in psigoterapie, en kan nie medisyne voorskryf nie
- Leukemie
- Leukemie is 'n kwaadaardige bloedsiekte wat hoofsaaklik gekenmerk word deur witbloedselle (leukosiete) wat die onvermoë het om volwassenheid te bereik
- Antigeen
- 'n Antigeen is enige ligaamsvreemde stof wat na inokulasie in die liggaam in staat is om aanleiding te gee tot die vorming van antiliggame. Die is 'n stof wat 'n immuunrespons stimuleer. Antigene is gewoonlik proteïene of polisakkariede, maar kan enige tipe molekule wees, insluitend klein molekule (haptene) wat gebind is aan 'n draer-proteïen
- Ernst Boris Chain
- Sir Ernst Boris Chain was 'n Britse biochemikus hoewel 'n Duitse boorling wat saam met die geneesheer Howard Florey die eerste was om penisillien in suiwer vorm voor te berei sodat dit terapeuties as antibiotika gebruik kon word. Alhoewel penisillien nie 'n universele kuur is nie, is die genesing van die infektiewe siektes waarop dit wel van toepassing is, so ongelooflik dat dit nogtans gereken word as een van die twintigste eeu se belangrikste mediese ontdekkings. Chain en Florey is in 1945 beloon vir hul
- Griep
- Griep of Influensa is 'n akute en hoogs aansteeklike siekte wat onverwags en onverklaarbaar toeslaan. In die dae voor wetenskaplike geneeskunde is dit dikwels toegeskryf aan die "vreemde magte" wat die planete glo op die mens uitgeoefen het. In die tydperk toe Robert Koch en Louis Pasteur bewys het dat sekere siektes deur bakterieë veroorsaak word, het die wetenskaplike Richard Pfeiffer beweer dat 'n spesifieke bakterie, wat tans as Haemophilus influenzae bekend staan, die oorsaak is van griep-epidemies
- Fluoridering
- Fluoridering of fluoridasie is die byvoeging van fluoried (fluoorsoute) by drinkwater, kos en kosmetika soos tandepasta om tandbederf te help voorkom. Fluoor is 'n spoorelement in grond, water en groente, maar word – anders as byvoorbeeld yster, sink en jodium – nie onder die noodsaaklike spoorelemente vir die menslike liggaam gereken nie, al is fluoried, 'n fluoorverbinding, een van die normale bestanddele van beenweefsel, waaronder ook tande. Daar kan dus nouliks sprake wees van 'n fluoriedtekort in